Bernoulli-beginsel: Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>Daniellouw
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 18:04, 3 Augustus 2024

In fisika, hidrolika en vloeidinamika verwys die Bernoulli-beginsel na die verskynsel dat vir die meeste onsaampersbare vloeiers waar geen werk op die vloeistof uitgeoefen word nie, 'n toename in die snelheid van die vloeistof gepaard gaan met 'n afname in die druk of 'n afname in die vloeistof se potensiële energie as gevolg van swaartekrag.[1] die Bernoulli-beginsel is vernoem ter ere van Daniel Bernoulli.

Die Bernoulli-beginsel is ekwivalent aan die beginsel van energiebehoud. Die wet op energiebehoud bepaal dat alle vorme van meganiese energie in 'n vloeistof langs 'n stroomlyn dieselfde is vir al die punte op daardie stroomlyn. Dit vereis dat die som van die kinetiese energie en potensiële energie konstant moet bly. As 'n vloeier horisontaal langs 'n stroomlyn afvloei waar die snelheid toeneem kan dit slegs wees omdat die vloeistof op daardie deel beweeg het van 'n gebied met 'n hoër druk na 'n gebied met 'n laer druk en as die snelheid afneem kan dit slegs wees omdat die vloeistof beweeg het vanaf 'n gebied met 'n laer druk na een met 'n hoër druk. Gevolglik sal die hoogste snelheid voorkom waar die druk die laagste is en die laagste snelheid waar die druk die hoogste is, in 'n vloeier wat horisontaal vloei.

Vloeivergelyking vir onsaampersbare vloei

In die meeste gevalle kan die digtheid vloeistowwe benaderd as konstant beskou word ongeag van drukveranderinge. Om hierdie rede kan vloeistowwe as onsaampersbaar beskou word en die vloei van vloeistowwe as onsaampersbaar beskryf word.

v22+gh+Pρ=konstant

waar:

v die vloeistof se snelheid by 'n punt op 'n stroomlyn is.
g die swaartekragversnelling is
h die hoogte van 'n punt bo 'n verwysingsvlak is
P die druk by die punt is
ρ die digtheid van die vloeistof by alle punte in die vloeistof is

Die eenhede van al drie die terme van die Bernoullivergelyking is m2/s2:

v22(ms)2=m2s2
ghms2m=m2s2
PρPam3kg=Nm2m3kg=Nmkg=kg.ms2mkg=m2s2

Die volgende aannames moet geld vir die vergelyking om toepaslik te wees:

  • Die vloeier moet onsaampersbaar wees - selfs al wissel die druk, moet die digtheid konstant wees.
  • Die stroomlyn moet nie die grenslaag binnegaan nie. (Bernoulli se vergelyking is nie toepaslik waar daar viskose kragte inwerk nie, soos in die geval van die grenslaag.)

Bostaande vergelyking kan herskryf word as:

ρv22+ρgh+P=q+ρgh+P=konstant

waar:

q=ρv22 die dinamiese druk is in eenhede van kgm3m2s2=kgms2

Die Bernoullivergelyking kan omskryf word om die volgende algemene formule te kry vir drukval deur 'n vernouer (kyk Bylaag A).

Q=kΔPρ Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=ρ(Qk)2

Toepassings van die Bernoulli-beginsel

Bylae

Bylaag Aː Herskryf formule om te gebruik vir drukval deur 'n vernouer

Simbole:

Simbool Beskrywing Eenheid
v Vloeistof se snelheid by 'n punt op 'n stroomlyn m/s
g Swaartekragversnelling 9.81 m/s2
h Die hoogte van 'n punt bo 'n verwysingsvlak m
P Die druk by 'n punt Pa
ρ Die digtheid van die vloeistof kg/m3
Q Volumevloeitempo m3/s
A Deursnitarea van pyp (A = πd2/4) m2

Volgens die Bernoulli-beginsel is:

v22+gh+Pρ=konstant

Indien (1) voor die meetskyf is en (o) in die gaatjie van die meetskyf, dan is:

v122+gh1+P1ρ1=vo22+gho+Poρo
As Sjabloon:Spaces v=QA
12(Q1A1)2+gh1+P1ρ1=12(QoAo)2+gho+Poρo
12(Qo2Ao2Q12A12)=g(h1ho)+(P1ρ1Poρo)
As Sjabloon:Spaces Q=Q1=Qo Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces ρo=ρ1=ρo
Q22(1Ao21A12)=gΔh+ΔP1ρ
As Sjabloon:Spaces β=dod1 Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces A=π4d2 Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces AoA1=do2d12β2
En Sjabloon:Spaces (1Ao21A12)=1Ao2(1Ao2A12)=1Ao2(1β4)
Q221Ao2(1β4)=ρgΔh+ΔPρ
Q2=Ao22(ρgΔh+ΔP)ρ(1β4)
Q=Ao2(ρgΔh+ΔP)ρ(1β4)


Hierdie gee die drukval tussen die punt voor die meetskyf (1) en na die meetskyf (2). Wanneer ideale toestande geld, sal P1=P2 wees volgens die Bernoulli-beginsel. Maar as gevolg van energieverliese in die vorm van hitte en klank, herstel die druk nooit weer ten volle nie. Daarom is dit nodig om die dimensielose uitlaatvloeikoëffisiënt Cd (Cd>1) by te voeg en daarom word die vergelyking:

Q=CdAo2(ΔP+ρgΔh)ρ(1β4) Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=12ρ(1β4)(QCdAo)2ρgΔh

Let wel, die eenhede moet so gekies word sodat al die eenhede uit kanselleer.

Gewoonlik is die term ρgΔh weglaatbaar klein.

Hieruit volg die algemene formule vir drukval deur 'n vernouer.

Q=kΔPρ Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=ρ(Qk)2

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata

  1. Clancy, L.J., (1975), Aerodynamics, Hoofstuk 3, Pitman Publishing Limited, Londen