Pascal (eenheid): Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>SpesBona
k Wysigings deur 212.34.23.65 teruggerol na laaste weergawe deur InternetArchiveBot
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 22:50, 20 November 2022

'n Drukmeter se wyserplaat was druk in psi (die rooi skaal) en kPa (swart skaal) toon.

Die pascal (simbool: Pa) is die SI afgeleide eenheid van druk.[1] Interne druk, spanning, Young se modulus, en breekkrag word almal in pascal gemeet. Dit word gemeet in krag per eenheid area, gedefinieer as een newton per meter kwadraat. In alledaagse lewe word die pascal waarskynlik die beste geken vanaf die meteorologiese gebruik daarvan in barometriese verslae, waar dit voorkom in die vorm van hektopascal (1 hPa = 100  Pa) of kilopascal (1 kPa = 1 000 Pa).[2] 'n Ander algemene gebruik daarvan is by fietsbande se etikette.[3] Een kilopascal stem ooreen met ongeveer 1% atmosferiese druk by seespieël. Een hektopascal is ekwivalent aan 1 millibar; een atmosfeer is presies gelyk aan 101,325 kPa.

Formules

Druk = Krag per area

In terme van eenheidsimbole:

Pa=Nm2=kgm/s2m2=kgms2

Kyk ook

Bronne

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie