Trekvervorming: Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>Naudefj
No edit summary
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 17:12, 24 Maart 2014

Trekvervorming of rek is 'n natuurkundige grootheid wat die geometriese vervorming (deformasie) van 'n materiaal beskryf as gevolg van 'n bepaalde spanning waaraan 'n materiaal onderhewig is. Rek is 'n dimensielose getal wat die verhouding tussen die lengteverandering (dl) en die oorspronklike lengte (l0) van 'n stuk materiaal aandui.

Die rek word gedefinieer as

ε=Δ0

Rek ontstaan deur die uitoefening van 'n krag, byvoorbeeld 'n trekkrag op 'n staaf. Die rekindeks hang af van die elastisiteitsmodulus van die materiaal waarop die krag inwerk. 'n Mens kan die verhouding tussen spanning en rek in 'n grafiek uiteensit om sodoende 'n spanning-rekdiagram te verkry.

Die rekstyfheid is 'n grootheid wat die weerstand van die materiaal teen rek weergee. Dit word meestal aangegee deur EA = E · A , uitgedruk in N

Vir die meet van rek word dikwels 'n rekstrokie gebruik.