Gewone breuke: Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>KabouterBot
k Artikel is nie meer wees nie.
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 20:23, 24 Maart 2019

’n Breuk is een deel van ’n hele en word geskryf met een getal bo ’n ander getal bv. ’n Breuk is dus altyd kleiner as 1.

Ons dui breuke aan deur die volgende skryfwyse te gebruik:

In ’n breuk soos (35) noem ons die syfer onder die lyn die noemer van die breuk. Dit dui aan in hoeveel gelyke dele die hele of versameling (groep) voorwerpe verdeel is:

Die syfer bo die lyn word die teller genoem. Dit dui aan hoeveel van die gelyke dele geneem of ingekleur word.

Dus: In (35) Is 3 die teller en 5 die noemer.

Vergelyk en ordening van gewone breuke

Vergelyk breuke met dieselfde noemers

As twee breuke se noemers dieselfde is, is dit maklik om te bepaal of die eerste breuk <  (kleiner as) ;> (groter as) of = (gelyk aan) is aan die tweede breuk bv:

  • 712<1112 (7 is kleiner as 11)
  • 65>35 (6 is groter as 3)
  • 37=37 (3=3)

Vergelyk breuke met verskillende noemers

As twee breuke se noemers verskil kan ons een van twee maniere gebruik om te bepaal of die eerste breuk <  (kleiner as) ;> (groter as) of = (gelyk aan) is aan die tweede breuk

Breukmuur

Eerste manier is om gebruik te maak van ’n breukemuur.

Ons sien hieronder dat 12<56

Ons sien hieronder dat 12>410

Tellers met mekaar vergelyk

Die tweede manier om die twee breuke se ekwivalente breuke te vind en die tellers met mekaar te vergelyk:

Vergelyk die twee breuke 34 en 46 met mekaar.

  • Kyk na die noemers:

                  Die noemers van die twee breuke verskil van mekaar. (4 en 6)

  • As die noemers verskil, skryf ekwivalente breuke neer waar die noemers dieselfde is.
  • 12 is die kleinste gemene veelvoud waarin 4 en 6 albei kan deel.
  • 12 gaan as gemene noemer vir albei breuke gebruik word

33×43=912 en 42×26=812 46×22=812

  • Vergelyk nou die tellers: 8>9
  • As die noemers dieselfde is, kan ons die twee breuke nou met mekaar vergelyk.

912>812 dus is 34>46

Optelling en aftrekking van Breuke

Optel en aftrek van gewone Breuke

Optelling van breuke met dieselfde noemers

Die optelling van breuke met dieselfde noemers vind op dieselfde manier plaas as die optelling van gewone getalle.

As ons byvoorbeeld 37+27  bymekaar moet tel, tel ons slegs die tellers bymekaar en nie die noemers nie. Omdat die noemers vir ons sê in hoeveel gelyke dele die hele verdeel is, kan ons dit nie bymekaar tel nie. Die tellers sê hoeveel van die gelyke dele daar onder bespreking is en ons kan dit bymekaar tel.

So:  37+27=57  =  (3 sewendes + 2 sewendes = 5 sewendes)

Met behulp van ’n getallelyn word dit baie duidelik.

Ons kan die bewerking ook met 'n figuur voorstel:

Aftrekking van breuke met dieselfde noemers

Soos by optelling van breuke met dieselfde noemers, geskied aftrekking van breuke met dieselfde noemers ook soos aftrekking by gewone getalle.

As 35  van 45  afgetrek moet word, word slegs die 3 van die 4 afgetrek, terwyl die noemers dieselfde bly.

 4535=15( 4 vyfdes – 3 vyfdes = 1 vyfde)

Op ’n getallelyn lyk die bewerking so:

Die bewerking kan ook met behulp van ’n figuur voorgestel word

Optelling van breuke met verskillende noemers

Breuke waarvan die noemers nie dieselfde is nie, kan ook bymekaar getel word. Dit kan gedoen word deur die noemers van die breuke na dieselfde noemer te herlei.

Voorbeelde

Tel 28 en 14 bymekaar.

Oplossing

Herlei 14 na agtstes, want dan is albei breuke se noemer 8.

Vermenigvuldig dus die teller en die noemer van 14 met 2.

 14=1×24×2=28

Tel die twee breuke gewoonweg bymekaar:

 38+28=58

Die bewerking kan met behulp van ’n figuur voorgestel word:

Tel 25 en 12 bymekaar.

Oplossing

Hier moet beide die noemers van 25 en 12  na ’n gemeenskaplike noemer herlei word. ’n Gemeenskaplike noemer kan verkry word deur die noemers met mekaar te vermenigvuldig.

Die gemeenskaplike noemer is 10 (2 x 5)

Beide 25 en 12 moet dus na tiendes herlei word:

25=2×25×2=410

en

12=1×52×5=510

Optelling vind nou gewoonweg plaas:

410+510=910

Die bewerking kan soos volg met behulp van ’n figuur voorgestel word:

Aftrekking van breuke met verskillende noemers.

Soos by die optelling van breuke met verskillende noemers, moet die noemers van die breuke van ’n aftreksom ook na ’n gemeenskaplike noemer herlei word voordat daar afgetrek kan word.

Trek 38 van 34 af.

Oplossing

Herlei 34 na agtstes, want dan is albei breuke se noemers 8.

 34=3×24×2=68

Trek nou gewoonweg af:

 6838=38

Die bewerking kan so met behulp van ’n figuur voorgestel word:

Trek 13 van 12 af.

Oplossing

Hier moet albei die noemers van 13 en 12  na ’n gemeenskaplike noemer herlei word. ’n Gemeenskaplike noemer kan verkry word deur die noemers van 13 en 12 met mekaar te vermenigvuldig.

Die gemeenskaplike noemer is 6 (2 x 3)

Beide 13 en 12 moet dus na sesdes herlei word.

13=1×23×2=26

en

12=1×32×3=36

Trek nou gewoonweg af:

3626=16

Die bewerking kan met behulp van ’n figuur soos volg voorgestel word:

Optel van gemengde getalle

Wanneer gemengde getalle bymekaar getel word, word die heelgetalle eers opgetel en dan die breuke.

Optelling van gemengde getalle waarvan die breuke dieselfde noemer het, sonder oordrag na heles.

Voorbeeld

Tel 318 by 438.

Oplossing

318+438=3+4+18+38

=748

=712 (Want 48=12

Optelling van gemengde getalle waarvan die breuke dieselfde noemer het, met oordrag van heles.

Voorbeeld

Tel 458 by 378

Oplossing

458+378=7128

=7+148

=848

Optelling van gemengde getalle as die noemers van die breuke verskil, sonder oordrag na heles.

Tel 213 by 214

Oplossing

213+214=2+2+13+14

=4+13+14

=4+312+412

=4712

Optelling van gemengde getalle as die noemers van die breuke verskil, met oordrag na heles.

Voorbeeld

Tel 478 by 234

Oplossing

478+234=4+2+78+34

=6+78+34

=6+78+68

=6138

=6+158

=758