Zubeneschamali: Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>BurgertB
Ptolemeus
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 16:49, 29 Maart 2024

Sjabloon:Inligtingskas ster veelvoudig

Zubeneschamali (ook bekend as Beta Librae of β Lib) is ondanks die Bayer-aanwysing "beta" die helderste ster in die sterrebeeld Weegskaal (Libra). Volgens parallaksmetings is dit sowat 185 ligjare van die Son af.[1]

Eienskappe

Die ster se skynbare magnitude is 2,6.[2] Volgens Eratosthenes van Sirene (276 tot 273 v.C.) was Zubeneschamali helderder as Antares (Alpha Scorpii). Ptolemeus het 350 jaar later gesê dit was net so helder soos Antares. Dié afwyking kan wees omdat Antares helderder geword het, maar dit is nie seker nie. Dit kon ook veroorsaak gewees het deurdat Zubeneschamali ’n veranderlike ster is, met ’n hedendaagse veranderlikheid van 0,03 magnitude.[3]

Volgens die eienskappe van sy spektrum het Zubeneschamali ’n sterreklassifikasie van B8 V,[4] wat dit ’n B-tipe hoofreeksster maak. Dit is sowat 130 keer helderder as die Son en het ’n effektiewe temperatuur van Sjabloon:Val,[5] dubbel die Son s'n. Dié hoë temperatuur produseer lig met ’n eenvoudige spektrum en maak dit ideaal om die interstellêre gas en stof tussen die Aarde en die ster te ondersoek. Soos baie sterre van sy soort roteer Zubeneschamali baie vinnig, meer as 100 keer so vinnig as die Son, teen sowat Sjabloon:Nowrap.[6] Sy radius is sowat 4,9 keer dié van die Son.[7] Hierdie soort swaar ster wat waterstoffusie ondergaan, lyk dikwels blouwit en moderne waarnemers sien dit óf as blou óf as wit, maar vroeëre waarnemers het Zubeneschamali dikwels beskryf as die enigste ster wat met die blote oog groen lyk.[8] Daar is geen aanvaarbare verduideliking vir waarom dit vir sommige waarnemers groen lyk nie.

Die klein periodieke wisseling in die helderheid van Zubeneschamali dui op die moontlike teenwoordigheid van ’n metgesel-ster wat nie regstreeks van die Aarde af gesien kan word nie.[9] Dit word egter as ’n enkelster geklassifiseer.[10]

Name

Die ster se Bayer-naam is "Beta Librae" en sy Flamsteed-naam "27 Librae". Die tradisionele naam is "Zubeneschamali", soms gespel Zuben Eschamali, Zuben el Chamali, Zubenesch of Zubenelg. Dit kom van die Arabiese ّالزُبَانَى الشَمَالِي al-zubānā al-šamāliyy, "die noordelike klou", uit die dae toe die Weegskaal beskou is as die kloue van die Skerpioen.[3]

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Zubeneschamali" vir die ster goedgekeur.[11]

Verwysings

Sjabloon:Verwys Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Lug3

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named scfs
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Auk
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj736_2_89
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa501_1_297
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj573_1_359
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named lang2006
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named uiuc
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named glyphweb
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mnras389_2_869
  11. Sjabloon:Cite web