Fluks: Verskil tussen weergawes
Gaan na navigasie
Gaan na soektog
imported>BurgertB No edit summary |
(Geen verskil)
|
Huidige wysiging sedert 13:56, 22 April 2020
Fluks is ’n term wat in wiskunde en fisika gebruik word, maar nie altyd met dieselfde betekenis nie. In wiskunde en deelgebiede van fisika dui dit die deurstroom van ’n grootheid deur ’n oppervlak aan (dimensie: [hoeveelheid]·[tyd]-1). In ander deelgebiede van fisika, soos stromingsleer, word daarmee ook die deurstroom van ’n grootheid per vierkante meter bedoel, met as dimensie [hoeveelheid]·[tyd]-1·[oppervlak]-1.[1]
Die woord kom uit Latyn, van fluere, wat "vloei" of "stroom" beteken. Die simbool word dikwels daarvoor gebruik.