Erbium(III)fluoried: Verskil tussen weergawes

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
imported>Jcwf
No edit summary
 
(Geen verskil)

Huidige wysiging sedert 12:07, 23 Junie 2024

Sjabloon:Chemiekas2

Erbium(III)fluoried is 'n anorganiese chemiese verbinding van erbium met fluoor.

Erbium(III)fluoried kan verkry word deur erbium met fluoor te laat reageer.[1]

2Er+4F22ErF3

Alternatiewelik kan dit ook verkry word uit erbium(III)chloried, erbiumoksied of erbiumsulfied deur dit met waterstoffluoried te laat reageer.[2][3][4]

Erbium(III)fluoried is 'n reuklose pienk vaste stof wat in water onoplosbaar is.

Kristalstruktuur

Dit het 'n ortorombiese kristalstruktuur met die ruimtegroep Pnma (nr. 62).[5] [6]Hierdie struktuur behoort tot die Sjabloon:Beta-Sjabloon:Ch2-tipe.[7] Bo 1117 °C of by hoë druk vind 'n verandering in die kristalstruktuur plaas.[8][9] Hierdie struktuur is trigonaal en behoort tot die Sjabloon:Alfa-Sjabloon:Ch2-tipe (PSjabloon:Bostreepm1}} (164).[7]

Eienskappe

Die Er3+-ioon vertoon effektiewe luminesensie in die sigbare (blou, groen, rooi) en infrarooi gebiede (rondom 1,5 μm) van die spektrum.[10] Dit het 'n wye bandgaping (>7 eV) en 'n lang resstraalgolflengte (>20 μm). Dit is deursigtig van die diep ultraviolet tot die langgolf infrarooi. Hierdie eienskappe maak dit 'n belowende optiese materiaal. Die afsnygolflengte van erbiumfluoried-bevattende fluoriedglas in die infrarooi kan 21 μm bereik, wat beteken dat dit as 'n infrarooideurlatende materiaal gebruik kan word.[11]

Gebruike

Erbium(III)fluoried word as 'n dopingmateriaal (byvoorbeeld in fluoriedglase) in optiese vesels, versterkers en lasers gebruik vanweë sy sterk fluoressensie in die infrarooi gebied.[12][13] Dit word ook as 'n tussenproduk gebruik om erbium te produseer.[14]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:De-vertaal Sjabloon:Fluoriede