Tantaal

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Oesjaar op 06:21, 7 Mei 2024 (Voorkoms: Skakels)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Elementboks opskrif Sjabloon:Elementboks reeks Sjabloon:Elementboks groepperiodeblok Sjabloon:Elementboks voorkoms beeld Sjabloon:Elementboks atoommassa gpm Sjabloon:Elementboks ekonfig Sjabloon:Elementboks eperskil Sjabloon:Elementboks afdeling fisieseiensk Sjabloon:Elementboks fase Sjabloon:Elementboks digtheid gpcm3nkt Sjabloon:Elementboks digtheidvl gpcm3sp Sjabloon:Elementboks smeltpunt Sjabloon:Elementboks kookpunt Sjabloon:Elementboks smeltwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks verdampwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks warmtekap jpmolkteen25 Sjabloon:Elementboks dampdruk katpa Sjabloon:Elementboks afdeling atoomeiensk Sjabloon:Elementboks kristalstruktuur Sjabloon:Elementboks Strukturbericht Sjabloon:Elementboks oksiedtoest Sjabloon:Elementboks elektroneg pauling Sjabloon:Elementboks ioonenergie2 Sjabloon:Elementboks atoomradius pm Sjabloon:Elementboks atoomradiusber pm Sjabloon:Elementboks kovalenteradius pm Sjabloon:Elementboks afdeling diverse Sjabloon:Elementboks magneties Sjabloon:Elementboks eweerstand ohmmteen20 Sjabloon:Elementboks termiesegeleiding wpmkteen300k Sjabloon:Elementboks termieseuitsetting umpmkteen25 Sjabloon:Elementboks spoedvanklank staafmpsteen20 Sjabloon:Elementboks youngsemodulus gpa Sjabloon:Elementboks skuifmodulus gpa Sjabloon:Elementboks massamodulus gpa Sjabloon:Elementboks poissonverhouding Sjabloon:Elementboks mohsehardheid Sjabloon:Elementboks vickershardheid mpa Sjabloon:Elementboks brinellhardheid mpa Sjabloon:Elementboks cas nommer Sjabloon:Elementboks isotope begin Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval3 Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope eindig Sjabloon:Elementboks voetskrif

Tantaal is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ta en atoomgetal 73. Tantaal is genoem ná Tantalos, die heerser van die stad "Tantalis" in die Griekse mitologie. Tantaal is in 1802 deur Anders Gustaf Ekeberg ontdek. Die metaal het twee natuurlike isotope. Tantaal word dikwels in gevalle gebruik waar 'n uitsonderlike hoë smeltpunt benodig word.

Tantaal is 'n blink, silweragtige metaal. Dit weerstaan chemiese aanvalle by temperature onder 150 °C. Tantaal is bestand teen korrosie as gevolg van 'n oksiedfilm op sy oppervlak.[1]

Geskiedenis

Tantaal is ontdek deur Anders G. Ekeberg in 1802, in Uppsala, Swede, in die minerale tantaliet uit Finland en yttrotantaliet uit Swede. Ongelukkig vir Ekeberg het die bekende Engelse chemikus William Wollaston in 1809 ontken dat dit 'n nuwe element was en daar het verwarring ontstaan oor verskil tussen niobium en tantaal. Dis twee elemente wat moeilik van mekaar geskei kan word. In 1846 het die Duitse mineraloog Heinrich Rose uiteindelik bewys dat tantaal en niobium verskillende elemente is en aan alle twyfel 'n einde gemaak. In 1903 het Werner von Bolton vir die eerste keer tantaalmetaal daargestel.[2]

Voorkoms

Tantaal is die skaarsste stabiele element in ons hele sonnestelsel, met net een atoom tantaal vir elke 181 miljard atome van ander elemente. Dit maak tantaal baie minder volop as goud, of enige van die tradisionele edelmetale.[3]

In 2022 was die prys van tantaal ongeveer 150 Amerikaanse dollar per kilogram Sjabloon:Ch2. In 2013 was dit nog $260.-[4]

Die vernaamste tantaalerts is tantaliet, wat ook yster, mangaan en niobium bevat, en samarskiet, wat sewe metale bevat. Nog 'n erts wat tantaal en niobium bevat, is pirochloor. Die belangrikste myngebiede is Thailand, Australië, Kongo, Brasilië, Portugal en Kanada. Die vraag na tantaal is ongeveer 2300 ton per jaar.[1] Tantaal word veral in Australië en Suid-Amerika aangetref. Daar word beraam dat die huidige hulpbronne van tantaal binne die volgende 50 jaar uitgeput sal wees. [5]

Eienskappe

Tantaal is 'n seldsame oorgangsmetaal wat hoogs bestand is teen korrosie.[4] Dit is hoogs rekbaar en kan in 'n dun draad getrek word. Die chemiese eienskappe daarvan is baie soortgelyk aan dié van niobium. In suiwer elementêre vorm het dit 'n hardheid van 200 Vickers en 'n treksterkte van 900 MPa, wat dit net so hard en amper twee keer so sterk maak as die beste staal. Sterk sure het hoegenaamd geen effek daarop nie. Selfs koningswater kan nie tantaal aanval of beskadig nie.[3]

Tantaal is hoogs korrosiebestand as gevolg van die vorming van 'n oksiedfilm. Dit is 'n uitstekende geleier van hitte en elektrisiteit. Die metaal het 'n smeltpunt wat slegs deur wolfram en renium oorskry word. Tantaal is een van die vyf belangrikste vuurvaste metale (metale met baie hoë weerstand teen hitte en slytasie). Die ander vuurvaste metale is wolfram, molibdeen, renium en niobium.[2]

Vervaardiging

Tantaalpoeiers kan verkry word deur kaliumfluorotantalaat te reduseer met natriummetaal:

K2TaF7+5NaTa+NaF+2KF

Hierdie eksoterme reaksie word onder 'n inerte atmosfeer in 'n gesmelte NaCl as oplosmiddel uitgevoer. 80%-90% van tantaalpoeiers wat in kapasitors gebruik word, word op hierdie manier verkry. Daar is egter ook 'n elektrolitiese proses wat gesmelte Sjabloon:Ch2 met KF, KCl en opgeloste Sjabloon:Ch2 aan elektolise blootstel. Die smelt bevat die ione Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2.[6]

Gebruike

Tantaal word in vier gebiede aangewend: [1]

  • hoë-temperatuur toepassings, soos vliegtuigenjins;
  • elektriese toestelle, soos kapasitors;
  • sirurgiese implantate
  • hantering van korrosiewe chemikalieë in chemiese industrie gebruik, bv. vir hitteruilers in ketels waar sterk sure verdamp word.

Dit word selde as 'n legeringsmiddel gebruik omdat dit geneig is om metale bros te maak.

Elektronika

Tantaal het belangrike toepassings in elektroniese toerusting.[4] Vanweë die lae mislukkingsyfer word tantaal gereeld in kapasitors in slimfone en rekenaars gebruik.[5]

Trouringe

Tantaal het 'n unieke grys kleur wat 'n bietjie blou lyk. Die natuurlike kleur van tantaal is effens donkerder as titanium s'n, maar tantaalringe kan ook swart wees.[5]

Tantaal is 'n hipoallergene metaal. Dit is uiters kraakbestand (anders as wolfram) en sal nie reageer ná blootstelling aan alledaagse chemikalieë, soos huishoudelike skoonmakers nie. Tantaal is ook matig krapbestand. As 'n tantaalring gekrap word, kan dit na sy oorspronklike glans teruggepoleer word.[5]

Die omgewing

Omdat tantaaloksied baie onoplosbaar is, is daar byna geen tantaal in natuurlike waters te vinde nie. Min pogings is aangewend om die vlak daarvan in grond te meet, wat 'n reeks van 0,1 tot 3 dpm toon. Slegs klein hoeveelhede tantaal word deur plante geneem: die hoeveelheid in plantegroei oorskry selde 5 ppb.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons-kategorie inlyn Sjabloon:Wikt-inlyn

Sjabloon:Navigasie Periodieke tabel

Sjabloon:Normdata