Alfaverval

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 01:23, 7 April 2019 (Robot voeg by: Kategorie:Helium, Kategorie:Radioaktiwiteit)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Alfaverval is 'n vorm van radio-aktiewe verval waarin die onstabiele kern 'n alfadeeltjie uitstraal. 'n Alfadeeltjie is basies 'n heliumkern - 4He (dus, 'n heliumkern sonder sy twee elektrone).

Byvoorbeeld, uraan-238 wat verval deur die vrystelling van 'n α-partikel om torium-234 te vorm kan soos volg uitgedruk word:

92238U90234Th+α

Omdat 'n alfapartikel dieselfde is as die nukleus van 'n helium-4-atoom kan dit ook soos volg uitgedruk word:

92238U90234Th+24He

Helium se kern bestaan uit twee protone en twee neutrone. Dus die atoomgetal gelyk aan 2 en die aantal nukleone gelyk aan 4. Dit word geskryf as Sjabloon:Sub supHe, soos hierbo gewys.

Die uitstraling van alfa-deeltjies sal die betrokke atoomkern se massagetal met 4 en sy atoomgetal met 2 laat afneem. Die dogterelement wat so gevorm word, sal dus 2 posisies na links van die moederelement op die periodieke tabel lê.

Kyk ook

Sjabloon:Saadjie