Parsek

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>JMK op 10:49, 18 Maart 2024 (verskaf paslike byskrif)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Lêer:Meet afstand na hemelliggaam kort afstande.jpg
Die afstand tussen die son en 'n ander ster word bereken deur van parallaks gebruik te maak.

’n Parsek is ’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word. Een parsek is 3,26 ligjare, wat net minder is as 31 biljoen (3.1Sjabloon:E) kilometer. Dit is die afstand wat gemeet word as die gemete hoek α in die tekening aan die regterkant 1 boogsekonde (1/3600°) is.

Die term is in 1913 geskep as ’n afkorting van "’n afstand wat ooreenstem met ’n parallaks van een sekonde".[1]

Berekening

As die afstand van die aarde na die son 1,5Sjabloon:E meter is.

α = 1 boogsekonde = 1/3600° = 0,000277778° = 2,778Sjabloon:E °

Dus:

tanα =rx

x=rtanα =1.5×1011tan13600=3.09×1016 m

Een ligjaar is 3Sjabloon:E m/s [spoed van lig] × 3600 s/h × 24 h/dag × 365 dae/jaar = 9,46Sjabloon:E meter

Dus: 1 parsek = 3,09Sjabloon:E m / 9,46Sjabloon:E m/ligjaar = 3,26 ligjaar

Verwante artikels

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie

  1. Dyson, F.W., Stars, Distribution and drift of, The distribution in space of the stars in Carrington's Circumpolar Catalogue. In: Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, Vol. 73, bl. 334-342. Maart 1913. [1]