Messier 58
Sjabloon:Inligtingskas sterrestelsel
Messier 58 of M58 (ook bekend as NGC 4579) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 68 miljoen ligjare van die Aarde af[1][2] in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 15 April 1779 deur Charles Messier ontdek en is een van vier staafspiraalstelsels wat in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem is.[3][4]
Twee supernovas is in M58 waargeneem:[5] SN 1988A op 18 Januarie 1988[4] met ’n skynbare helderheid van 13,5 mag in sy kern, en SN 1989M op 28 Junie 1989[4] met ’n skynbare helderheid van 12,2 mag in sy kern.
Verwysings
Eksterne skakels
Sjabloon:WikiSky Sjabloon:Commons-kategorie inlyn
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia