2MASS
2MASS is die mees ambisieuse projek tot dusver om hemelliggame waar te neem en te kategoriseer. Waarnemings vir die Two Micron All-Sky Survey[1] het in 1997 begin en is in 2001 voltooi.[2]
Twee teleskope is gebruik, een in die Noordelike Halfrond (in Arizona) en een in die Suidelike Halfrond (in Chili) sodat die hele hemelruim gedek kon word. Die finale data van 2MASS is in 2003 gepubliseer. ’n Fotometriese stelsel van drie infrarooi-golfbande van sowat 2 mikrometer (m) is gebruik: J (1,25 m), H (1,65 m) en Ks (2,17 m).
Die doel van die opname was onder meer:
- Die waarneming van sterrestelsels in die deel van die lug wat in sigbare lig deur ons eie stelsel, die Melkweg, verberg word.
- Die eerste waarneming van bruindwergsterre soos 2MASS 0939-2448, 2MASS 0415-0935, 2M1207 en 2MASS J04414489+2301513. Soos in 2003 het 2MASS altesaam 173 bruindwerge ontdek.[3]
- ’n Uitgebreide opname van sterre met ’n klein massa, die mees algemene soort ster in sowel die Melkweg as ander sterrestelsels.
- Die katalogisering van alle waargenome sterre en stelsels.
Die laaste doel is uitstekend behaal. Numeriese beskrywings van alle puntbronne (sterre, planete, asteroïede) en uitgebreide bronne (sterrestelsels, nebulae) tot ’n gemiddelde magnitude van 14 is deur geoutomatiseerde rekenaarprogramme gekategoriseer. Meer as 300 miljoen puntbronne en 1 miljoen uitgebreide bronne is aangeteken. In November 2003 het ’n span wetenskaplikes die ontdekking van die Canis Major-dwergsterrestelsel aangekondig gebaseer op die ontleding van 2MASS-data. Dit was in daardie stadium die naaste bekende sterrestelsel aan die Melkweg.
Die data en beelde van die opname is tans in die publieke domein en kan deur enigiemand gratis aanlyn besigtig word.[4]
2MASS- bruin- en witdwerge binne 30 ligjare van die Aarde af sluit in:
Verwysings
Sjabloon:Verwys Sjabloon:Verwysings
Eksterne skakels
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedabout - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedarchive - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedKirkpatrick2003 - ↑ Sjabloon:Cite web