Kaliumhidroksied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:51, 11 Julie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kaliumhidroksied in pilvorm

Kaliumhidroksied se chemiese formule is K+OH- en word ook bytpotas in leketaal genoem. Hierdie hidroksied is 'n sterke basis en goed oplosbaar in water.

Chemiese eienskappe

KOH is baie higroskopies. Dit word in suur-basis-titrasies gebruik. Ongelukkig kan die konsentrasie van 'n loogoplossing nie deur vaste kaliumhidoksied af te weeg bepaal word nie omdat die vaste stof water bevat. Koolstofdioksied word by uitgerekte blootstelling aan die lug ook opgeneem. Die konsentrasie van KOH-oplossings moet eers deur 'n titrasie teen 'n standaardoplossing, van 'n suur soos ftaalsuuranhidried, noukeuriger bepaal word.

Dit kan kaliumosonied vorm as dit aan osoon blootgestel word volgens:[1]

4KOH+4O34KO3+O2+2H2O

Die osonied is geel tot rooierig en nie baie stabiel nie. Dit kan ontplof en kaliumperoksied vorm:

2KO3O2+2KO2

Kyk ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Hidroksiede Sjabloon:Normdata