Hemiool

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 13:21, 31 Mei 2020 (Robot verwyder: Sjabloon:Weesbladsy.)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

'n Hemiool is 'n metriese variasie in die musiek.

In die barokstyl tree 'n hemiool gewoonlik op in 'n drietallige maat, soos in 34 en omvat twee mate. In plek van te tel (1-2-3) - (1-2-3) tel mens (1 - e) - (2 - e) - (3 -e). Die twee 34 mate word saamgeneem en vorm een 68 maat. In barokmusiek is dit dikwels die laaste twee mate voor die einde.[1] In die late middeleeue en vroeë renaissance is dit 'n baie populêre figuur, omdat die brevis op twee maniere onderverdeel kan word:

tempus perfectum cum prolatione minore 1 brevis = 3 semibrevi; 1 semibrevis= 2 minima
tempus imperfectum cum prolatione maiore 1 brevis = 2 semibrevi; 1 semibrevis = 3 minima

Die eerste onderverdeling het 1 brevis = 3 x 2 = 6, die andere het 1 brevis= 2 x 3 = 6.[2] Beide omvat 6 minima, maar die nadruk val op andere tye. Guilliaume Dufay maak baie gebruik van hierdie afwiseling.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Sjabloon:Outeur Baroque Music, Style and Performance, 1982, ISBN 0-393-30052-8
  2. Sjabloon:Outeur Music as Concept and Practice in the Late Middle Ages, 2001, ISBN 0-19-816205-7