Kalsiumoksied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 22:15, 9 Junie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kalsiumoksied of ongebluste kalk (Sjabloon:Chem) is 'n belangrike grondstof wat baie toepassings het.

Vorming

Ongebluste kalk word uit kalksteen (wat uit kalsiumkarbonaat bestaan) deur 'n ontbindingsreaksie by hoë temperature vervaardig.

CaCO3CaO+CO2

Blusreaksie

Ongebluste kalk gee die gebluste vorm in 'n reaksie met water wat baie hitte vrystel.[1]

CaO+H2OCa(OH)2+63,7kJ/mol

Eienskappe en gebruik

Ongebluste kalk is 'n korrosiewe stof wat heftig met water reageer. Dit is 'n sterk Lewis-basis. Die produksie van ongebluste kalk deur kalsinering is een van die oudste chemiese prosesse. Die eienskappe van die produk hang af van die kalsineringstemperatuur. Gewoonlik is dit ongeveer 850 °C, maar die spesifieke oppervlak van 'n produk wat by 1250 °C gekalsineer is, is laer (ong. 4 cm²/g) en by 1750 °C is die produk amper volledig gesinter met 'n relatiewe digtheid van 91-92%. Die sintering verminder die gevoeligheid vir vog.

Glas

Ongebluste kalk word saam met silika (sand) en natriumkarbonaat (soda) gesmelt om glas te vervaardig. Hierdie proses is ook baie oud (ongeveer 12 000 jaar).[1]

Silikate

'n Ander belangrike toepassing is in die ysterproduksie. Ystererts bevat silikate. Kalsiumoksied word toegevoeg (ongeveer 40 kg per 1000 kg yster) om kalsiumsilikate te vorm. Hierdie slak is nie mengbaar met die vloeibare yster nie en kan afgetap word. Dieselfde word ook gedoen tydens aluminiumproduksie.[2]

Karbied

Saam met koolstof (kooks) vorm dit kalsiumkarbied

2CaO+5C2CaC2+CO2(g)

Saam met water gee karbied etyn, wat gebruik word as grondstof vir polimere en as brandstof.[2]

Sulfate en fosfate

Uitlaatgasse van elektrisiteitsprodusente bevat dikwels swawel in die vorm van swaeldioksied Sjabloon:Chem. Ongebluste kalk word gebruik om die gasse daarvan te suiwer. Dié reaksie produseer kalsiumsulfiet:[2]

SO2+CaOCaSO3

Op dieselfde wyse kan fosfate uit afvalwater verwyder word:

3CaO+3H2O+2PO43Ca3(PO4)2+6OH

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata