Koolsuur

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:52, 11 Junie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Koolsuur is 'n nie-stabiele chemiese verbinding met formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n diprotiese brønstedsuur. Sy afgeleide soute bevat die waterstofkarbonaat-ione Sjabloon:Chem (ook bekend as bikarbonaat) of die karbonaat-ione Sjabloon:Chem.

Koolsuur vorm wanneer koolstofdioksied oplos in water, maar die molekuul het net 'n lewensduur van ongeveer 26 milisekonde.[1] Dit reageer skielik met water om hidronium en bikarbonaat te vorm:

CO2+2H2OH2CO3+H2OH3O++HCO3

In basiese oplossings verskuif hierdie reaksies na regs en sal die reskonsentrasie van koolsuur baie laag wees. In suur oplossings sal die reaksie na links skuif en sal koolstofdioksied uit die oplossing verdryf word, soos uit 'n gaskoeldrankie.

Arrhenius-teorie

In die Arrhenius-teorie van sure en basisse is koolsuur 'n probleem gewees, omrede die pogings om dié stof in suiwere vorm te isoleer altyd gefaal het. In die 19de eeu is dit aanvanklik die enigste manier gewees om regtig aan te toon dat 'n bepaalde stof bestaan en wat sy formule kan wees. Arrhenius het koolsuur daarom as 'n "hipotetiese" suur moet aanneem waarvan die karbonate en bikarbonate "afgelei" sou wees. Ongelukkig is dit nie die enigste hipotetiese suur of basis gewees wat dié teorie het moet aanneem. Hierdie probleem is in 1923 met die koms van die Brønsted-Lowry- en die Lewis-teorieë opgelos. Hierdie teorieë kyk na die molekulêre spesie, nie na die hele, isoleerbare stof nie en 'n onstabiele molekule soos Sjabloon:Chem wat net vlugtig bestaan is vir die Brønsted-Lowry-teorie nie 'n probleem nie. In basiese oplossings is dit ook moontlik aan te neem dat Sjabloon:Chem die (Lewis-)suur is wat met hidroksiel reageer, sonder om aan te neem dat die eintlike koolsuurmolekuul 'n rol speel.

Kyk ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Karbonate Sjabloon:Normdata