Karbonaat

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:52, 11 Junie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Eienskappe

Algemeen

Naam Karbonaat  
 
Termochemiese radius 1,89 Å [1] 
Λm 143,5 [Scm2/mol][2]
Lys van anione
kaliumkarbonaat (potas)

'n Karbonaat is 'n sout wat die komplekse ioon Sjabloon:Chem bevat of 'n ester wat die (bidentate) -Sjabloon:Chem-groep bevat. Die ioon is die suurres van koolsuur Sjabloon:Chem.

Die ioon het 'n vlakdriehoekige vorm. Die sentrale koolstofatoom het 'n oksidasietoestand van +4. 'n Beskrywing van die binding in die karbonaatioon met die Lewisteorie lei tot drie sogenaamde resonansiestrukture wat aandui dat een van die bindende elektronpare nie net tussen 'n koolstof- en 'n suurstofatoom geplaas is nie, maar gedeel word deur al die atome van die ioon. 'n Beter beskrywing is moontlik met die molekulêre-orbitaalteorie en lei tot 'n bindingsorde van 1,333 vir die drie C-O bindings.

Karbonate van die alkalimetale soos soda Sjabloon:Chem en potas Sjabloon:Chem is oplosbaar, ander karbonate is onoplosbaar in water.

Karbonate kom baie in die natuur voor, veral kalsiumkarbonaat.

Karbonate vorm basiese waterige oplossings omrede die tweede pKa van koolsuur 'n taamlik hoë waarde het (pKa2=10,33). Dit lei daartoe dat 'n ewewig ontstaan waarin die karbonaatioon geprotoneer en 'n hidroksielioon gevorm word volgens die formule:

CO32+H2OHCO3+OH

Afgeleide verbindings

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Karbonate Sjabloon:Normdata

  1. Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. Sjabloon:Webaanhaling