Maanafstand

Maanafstand is ’n meeteenheid in sterrekunde. Dit is die gemiddelde afstand tussen die middelpunt van die Aarde en dié van die Maan. Meer tegnies gesproke is dit die gemiddelde halwe lengteas van die geosentriese wentelbaan van die Maan. Dit word ook die Aarde-Maan-afstand of afstand na die Maan genoem en word dikwels aangedui as LD of .[1]
Die gemiddelde halwe lengteas het ’n waarde van 384 402 km.[2] Die werklike afstand wissel na gelang van die Maan se wentelbaan, van 356 500 km by sy perigeum (naaste afstand) tot 406 700 km by sy apogeum (verste afstand), dus ’n verskil van 50 200 km.[3]
Maanafstand word gewoonlik gebruik om die afstand van naby-aarde-voorwerpe aan te dui.[4] Dit is ook ’n belangrike astronomiese data; dit help in die toets van swaartekragteorieë, soos algemene relatiwiteit,[5] en die verfyning van ander astronomiese waardes soos aardmassa,[6] aardradius[7] en die Aarde se rotasie.[8]
Millimeter-presisie-metings van die maanafstand word gedoen deur die tyd te meet waarin lig beweeg tussen laserstasies op die Aarde en retro-reflektors wat op die Maan geplaas is.

Waardes
| Eenheid | Gemiddelde waarde | Onsekerheid | Verwysing |
|---|---|---|---|
| meter | Sjabloon:Val | Sjabloon:Val | [2] |
| kilometer | Sjabloon:Val | Sjabloon:Val | [2] |
| aardradiusse | 60,32 | [9] | |
| AE | Sjabloon:Vbreuk = Sjabloon:Val | [10][11] | |
| ligsekondes | Sjabloon:Val | Sjabloon:Val | [2] |
Asteroïdes
Groot asteroïdes wat binne maanafstand van die aarde kom word as sodanig aangedui. Asteroïde 1998 OR2, byna 100 meter in deursnee, is op 29 April 2020 deur die Arecibo-sterrewag in Puerto Rico op radar waargeneem toe dit binne 3,3 miljoen kilometer van die aarde was. Eers op 7 Junie 2020 het sterrekundiges in Hawaii besef dat 1998 OR2 teen 97 890 km/h relatief tot die aarde beweeg. Die Europese Ruimtevaartorganisasie het na berekening van die wentelbaan bevestig dat dit twee dae tevore slegs 0,8 maanafstande van die aarde af verbygetrek het, en die benaming 2020 LD is gevolglik toegeken.[12]