Etielasetaat

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Rooiratel op 09:20, 18 November 2023 (Gebruik: Interne skakel)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Etielasetaat is 'n organiese verbinding met die formule Sjabloon:Chem. Dit is die ester van etanol en asynsuur en 'n vloeistof met 'n soet reuk.

Vervaardiging

Etielasetaat kan vervaardig word deur direkte esterifikasie. Dit is 'n reaksie van asynsuur en etanol met swaelsuur as katalis.

CH3CH2OH+CH3COOHCH3CH2OCOCH3+H2O

Gebruik

Die stof word dikwels as oplosmiddel gebruik, byvoorbeeld vir lym of om naellak te verwyder.

Biologiese rol

Etielaseataat het 'n vrugtige reuk en is die volopste ester wat in vrugte voorkom. Die ester het 'n beduidende effek op die organoleptiese eienskappe van distillate en word deur heelparty organismes vervaardig soos:[1]

Verwysing

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Chemiesaadjie