Tennessien
Sjabloon:Elementboks opskrif Sjabloon:Elementboks reeks Sjabloon:Elementboks groepperiodeblok Sjabloon:Elementboks voorkoms Sjabloon:Elementboks atoommassa gpm Sjabloon:Elementboks ekonfig Sjabloon:Elementboks eperskil Sjabloon:Elementboks cas nommer Sjabloon:Elementboks afdeling fisieseiensk Sjabloon:Elementboks fase Sjabloon:Elementboks digtheid gpcm3nkt Sjabloon:Elementboks smeltpunt Sjabloon:Elementboks kookpunt Sjabloon:Elementboks afdeling atoomeiensk Sjabloon:Elementboks oksiedtoest Sjabloon:Elementboks ioonenergie2 Sjabloon:Elementboks afdeling geskiedenis Sjabloon:Elementboks ontdekdatum Sjabloon:Elementboks ontdekdeur Sjabloon:Elementboks genoemna Sjabloon:Elementboks naamdatum Sjabloon:Elementboks ounaam Sjabloon:Elementboks isotope begin Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope eindig Sjabloon:Elementboks voetskrif
Tennessien is ’n superswaar, kunsmatige element met die atoomgetal 117 en simbool Ts. Dit is die tweede swaarste bekende element en die tweede laaste element van die 7de periode op die periodieke tabel.
Die ontdekking van tennessien is in 2010 in Doebna, Rusland, aangekondig deur ’n Russies-Amerikaanse span; dit is dus die mees onlangs ontdekte element (soos in 2017). Die nuwe element het soos volg verval:[1]
Een van sy vervalprodukte is in 2011 regstreeks geskep en dit het die resultate van die eksperiment gedeeltelik bevestig. Die eksperiment self is in 2012 suksesvol herhaal deur dieselfde span en in 2014 deur ’n gesamentlike Duits-Amerikaanse span. In 2015 het ’n gesamentlike span van die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) en die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUSTF)) wat bewerings van die ontdekking van nuwe elemente ondersoek, die element erken. In Junie 2016 het die IUPAC ’n verklaring gepubliseer waarin aangekondig word die ontdekkers het die naam "tennessien" voorgestel na aanleiding van die Amerikaanse streek Tennessee in Amerika.[nota 1]
Tennessien val dalk in die "eiland van stabiliteit", ’n begrip wat verduidelik hoekom sommige superswaar elemente stabieler is in vergelyking met die algemene neiging van afnemende stabiliteit vir elemente ná bismut op die periodieke tabel. Die kunsmatige tennessienatome het tiene en honderde millisekondes lank bestaan. Op die periodieke tabel word verwag tennessien val in groep 17, waarvan al die ander elemente halogene is. Tennessien is egter dalk nie ’n halogeen nie.[2] Sommige van sy eienskappe kan aansienlik verskil van dié van die halogene vanweë die relativistiese effekte. Daarom word vermoed tennessien is ’n vlugtige metaal wat nie anione vorm of hoë oksidasietoestande bereik nie. ’n Paar sleuteleienskappe, soos sy smelt- en kookpunt en sy eerste ionisasie-energie, volg egter vermoedelik die periodieke neigings van die halogene.
Notas
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Sjabloon:Commons-kategorie inlyn Sjabloon:Wikt-inlyn
Sjabloon:Navigasie Periodieke tabel Sjabloon:Normdata
Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found