Fotolise

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 11:04, 9 September 2018 (Uitleg van bronteks)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Fotolise is 'n chemiese proses waarin ligenergie gebruik word om molekule te ontbind. Dikwels is fotolise die eerste stap in 'n fotochemiese reaksie.

Radikale

'n Eenvoudige voorbeeld van fotolise is die vorming van twee chlooratome deur die verbreking van 'n chloormolekuul se binding.

Cl2+hν2Cl

Die twee chlooratome is radikale met 'n ongepaarde elektron en daardeur taamlik reaktief. Met 'n alkaan sal hulle 'n chlooralkaan kan vorm.

Fotolise van water

Fotolise is 'n uiters belangrike stap in die biologiese proses van die fotosintese. Hierdie proses verloop in plante deur tussenkoms van katalisatore (ensieme) soos chlorofil, maar die oorhoofse reaksie is gebaseer op die ontbinding van water:

2H2O+hν4H++O2+4e

Sjabloon:Normdata