Piriet
Piriet (ook bekend as ysterkies of ysterpiriet) is 'n mineraal met formule Sjabloon:Chem wat volop aangetref word in 'n verskeidenheid van geologiese formasies soos hidrotermale are of as deel van sedimentêre lae of metamorfiese gesteentes.[1]
Struktuur
Die pirietstruktuur is die argetipe van die C2-strukture in die strukturbericht-klassifikasie. Die struktuur het 'n primitief-kubiese eenheidsel.
Die posisies is:
- Fe op 4a: (0,0,0)
- S op 8c: (x,½+x,Sjabloon:Bostreep) met x=0.11490[2]
Die interne rotasie-simmetrie van die non-simmorfe Pa3-ruimtegroep waartoe dit behoort is nogtans taamlik laag. Die lokale simmetrie van die ysteratome is net Sjabloon:Bostreep en hulle is deur 'n vervormde oktaëder van swawelatome omring. Die swawelatome vorm pare wat as die disulfiedioon Sjabloon:Chem beskou kan word. Die ysteratoom se oksidasietoestand is Fe(II) en in die sterke kristalveld van die disulfiedione is dit in 'n laespintoestand met 'n diamagnetiese konfigurasie tSjabloon:Sub supeSjabloon:Sub sup vir die 3d-elektrone.
Oplosbaarheid
Piriet se oplosbaarheid in water is uiters klein en moeilik meetbaar. Die oplosbaarheidsproduk vir die reaksie:
word geraam op
In aangesuurde water kan 'n ander ewewig optree:
Dié ewewig se konstante pK = -13,84. Dit beteken dat in neutrale water met pH=7, 'n nanomolêre konsentrasie [Fe2+]= 10-9 saam met 'n pikomolêre konsentrasie [HS2-]=10-12 volstaan om pirietneerslae te veroorsaak. Dit gebeur nogtans slegs onder reduserende omstandighede, maar dit verklaar waarom piriet 'n uiters algemene mineraal is.[3]