Hidrouliese kapasitansie

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 19:23, 9 September 2018 (Uitleg van bronteks)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die hidrouliese kapasitansie is in die plantkunde 'n maat vir die sukkulensie van vetplante. Dit is gedefinieer as die verhouding van die volumeverandering en die verandering in waterpotensiaal:

Chidroulies=ΔVΔΨ

Die grootheid se eenheid is mLMPa

Dit is nogtans nuttiger en gebruikliker om die relatiewe hidrouliese kapasitansie te gebruik:

Chidr,rel=ChidrouliesV

Hierdie grootheid se eenheid is MPa1

Sukkulente plante het gewoonlik 'n hoë relatiewe hidrouliese kapasitansie. Hulle kan baie water opneem en opswel sonder veel toename van die waterpotensiaal.

Die selwand se modulus

'n Verwante grootheid wat soms aangewend word is die sel se volumetriese elastisiteitsmudulus ϵ:

ϵ=ΔΨpΔV/V

Hierde grootheid het die eenheid MPa en is amper die inverse van die relatiewe hidrouiese kapasitansie, maar niet heeltemal nie omdat ϵ strik 'n eienskap van die selwand is en nie van die selinhoud nie.

Bron

  • Advances in Botanical Research, Volume 55 Sjabloon:Outeur Academic Press, 2010, ISBN 0123808693, 9780123808691