Chloroform

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 21:51, 18 Augustus 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Chloroform is 'n organiese verbinding met chemiese formule Sjabloon:Chem. Dit is die drievoudige chloried van metaan.

Geskiedenis

Chloroform is in 1831 deur drie navorsers onafhanklik van mekaar ontdek:

  • Samuel Guthrie (1782–1848) (VS)
  • Eugène Souberian (1797–1859) (F)
  • Justus von Liebig (1803–1873) (D)

Die eerste aanwending was in die analgesie. Die Fransman Marie Jean Pierre Flourens het in 1847 hierdie aanwending op diere gemeld, maar die Skot James Young Simpson (1811–1870) het dit reeds in 1846 op mense geprobeer. In 1853 het selfs koningin Victoria by die geboorte van een van haar kinders chloroform gebruik en dit het hierdie aanwending populêr gemaak. Later het die kritiek gekom. Chloroform kan 'n onreëlmatige hartslag, lewerskade en nierskade veroorsaak en dit word teenswoordig altans in hierdie aanwending nie meer gebruik nie. Vandag word chloroform veral as oplosmiddel gebruik.[1]

Vervaardiging

Daar is verskeie metodes om chloroform te vervaardig. In die nywerheid word dit veral gedoen deur metaan en chloor saam te verhit. Metaan word stapsgewys gechlorineer deur 'n radikaal-meganisme:

Reaksie Produk
CH4+Cl2CH3Cl+HCl monochloormetaan
CH3Cl+Cl2CH2Cl2+HCl dichloormetaan
CH2Cl2+Cl2CHCl3+HCl trichloormetaan – chloroform
CHCl3+Cl2CCl4+HCl tetrachloormetaan

Die eindproduk is 'n mengsel van chlorometane en byprodukte wat deur distillasie geskei moet word.

Biologiese chloroform

Mycena metata

Lug wat met grond in kontak is, bevat dikwels hoër konsentrasies chloroform as normaal. Daar is navorsing wat uitwys dat bepaalde swamme soos die Basidiomycetes-spesies Mycena metata en Peniophora pseudopini en die Deuteromycetes-spesie Cardariomyces fumago chloroform kan vervaardig.[2]


Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Wikt Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Chemiesaadjie

Sjabloon:Normdata