Kalsiumoksalaat

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 19:03, 11 Desember 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kalsiumoksalaat is kalsium-sout van oksaalsuur. Dit het die formule Sjabloon:Chem, maar dit kan as verskeie hidrate voorkom wat ook as minerale bekend is.

Termogravimetriese meting van die monohidraat

Indien die monohidraatin droë stiktof verhit word, verloor dit eers sy kristalwater, daarna ontbind dit in twee stappe, eers na kalsiumkarbonaat en dan na kalsiumoksied:

CaC2O4.H2O150oCCaC2O4+H2O500oCCaCO3+CO700oCCaO+CO2 Die oorgangstemperatuur van die eerste stap kan in die teenwoordigheid van vog baie hoër wees.

Kristalstukture

Die anhidraat Sjabloon:Chem het 'n monokliniese kristalstruktuur met ruimtegroep P2/m (nommer 10). Die eenheidsel is: a=616,44pm b=736,23pm c==953,72pm β=90.242°. Die kristalstruktuur van watervrye kalsiumoksalaat bevat twee tipes lae wat afwisselend gestapel word langs die x-as. Lae met kalsium wissel af met oksalaatlae. Daar is twee oksalaatione wat verskillende omringing het.[2]

Die monohidraat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur met ruimtegroep P2Sjabloon:Sub/n (nommer 14; gewoonlik as P2Sjabloon:Sub/c weergegee) en selkonstantes a=997,63(3) pm; b=1458,84 (4) pm c=629,13(3) pm en β=107,03(2)°. Dit is nogtans 'n superstruktuur. Daar is 'n omkeerbare faseoorgang teen 55°C, waarby die superstruktuurrefleksies verdwyn en die b-as gehalveer word. Die substruktuur het ruimtegroep I2/m (nommer 12, gewoonlik weergege as C2/m).[3]

Die "weddeliet"-vorm van kalsiumoksalaat is tetragonaal. Dit is waarskynlik 'n dihidraat wat nog ekstra water kan opneem soos 'n seoliet. Die samestelling is ongeveer Sjabloon:Chem.(2+x)Sjabloon:Chem met 0<x<0,5. Die ruimtegroep is I4/m (nommer 87) Die sel is a=1230(2) pm en c=734(2). Kalsium het 8 buuratome, twee van water en ses van oksalaat. Hulle vorm 'n verwring-kubieseantiprisma. Die okslaatioon is plat en die C-C-binding word deursny deur 'n spieëlvlak.[4]

Biologiese rol

Die meeste nierstene bestaan uit kalsiumoksalaat. Dit is die volopste vorm van nierstene. Dit word by 83% van mans en 66% van vroue met nierstene aangetref. Dit kan óf die monohidraat (whewelliet) óf die dihidraat (weddeliet) betref. Dikwels is dit effens gemeng met kalsiumfosfaat (apatief of brushiet). Dit kan die kristalkiem vorm.[5] Whewellietstene hou verband met hiperoksaluria, terwyl weddelietstene met hiperkalsiuria verband hou.[6]

Dit word ook in grond en blaarvullis aangetref, veral die mono- en die dihidraat. Swamme vorm dit and dit is 'n belangrike onderdeel van die biologiese en geochemiese prosesse wat in grond plaasvind. Die vorming van kalsiumoksalaat skep 'n kalsiumreservoir in die grond en beïnvloed die beskikbaarheid van fosfate.[7]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata

  1. Re-investigation of the crystal structure of whewellite [Ca(C2O4)H2O] and the dehydration mechanism of caoxite [Ca(C2O4)3H2O] Sjabloon:Outeur MineralogicalMagazine, 2005, 69(1),bls. 77-88
  2. Sjabloon:Cite journal
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite journal
  5. Sjabloon:Cite web
  6. Sjabloon:Cite journal
  7. Sjabloon:Cite book