Curie-Weiss-wet

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 22:44, 4 Junie 2018
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die Curie-Weiss-wet vir AF: 'n antiferromagneet, P: 'n paramagneet en F: 'n ferromagneet

Die Curie-Weiss-wet beskryf die gedrag van die paramagnetiese susseptibiliteit vir 'n antiferro-, para- en ferromagneet bokant hulle ordeningstemperature.

Die wet kan geskryf word as:

χ=CTθ

C word die Curiekonstante genoem en θ die Weiss-konstante. Altwee verskil van materiaal tot materiaal.

  1. Vir 'n suiwer paramagneet θ=0K
  2. Vir 'n antiferromagneet bo sy Néeltemperatuur θ<0
  3. Vir 'n ferromagneet bo sy Curietemperatuur θ>0