Silikon-32
Silikon-32 (chemiese notasie: Sjabloon:Sub supSi) is 'n kosmogene radioaktiewe isotoop van silikon.
Silikon-32 word in die atmosfeer uit Sjabloon:Sub supAr deur splinterreaksies gevorm wat deur kosmiese straling veroorsaak word. Die gevormde silikon word skielik deur reën en kapok na die oppervlak van die planeet vervoer. Die produksie is baie laag. Ongeveer 3 000 atome bereik die oppervlak per cm2 per jaar.
Verval
Die kern verval in 'n betaproses na fosfor-32:
Die dogterkern is ook radioaktief en verval na swawel:
Die meting van silikon-32 in afsettings is nie eenvoudig nie. Een metode is die gebruik van versneller-massaspktroskopie. Gewone massaspektrometrie word bemoeilik deur die aanwesigheid van Sjabloon:Sub supS in amper alle monsters. Hierdie kern is baie volop en die massaverskil tussen Sjabloon:Sub supS en Sjabloon:Sub supSi is net 1:15 000. In die versnellertegniek word hierdie probleem vermy.
Die tweede meetmetode is op die dogternuklied Sjabloon:Sub supP gebaseer. Hierdie metode is nodig in silikaathoudende afsettings of in grondwater waar die silikon-konsentrasie baie hoër is as in yskerne.
Radiometriese datering
In beginsel kan silikon-32 vir dateringsdoeleinde in die laaste 1000 jaar gebruik word, maar in 2009 is die metings nog baie moeilik en word die isotoop nog min hiervoor gebruik.
Spoorder
Die isotoop kan ook as spoorder gebruik word, maar sy beskikbaarheid was nie altyd verseker nie. In 2014 het die Amerikaanse DOE se Los Alamos-laboratorium die isotoop deur splinteringreaksie aan kaliumchloried-teikens vervaardig en beskikbaar gemaak.[1]