Dioptaas
Dioptaas is 'n mineraal wat koper bevat. Dit is 'n siklosilikaat.
In Suid-Afrika word dit op verskeie plekke gevind, ssos in Vergenoeg-myn naby Pretoria, naby Christiana in Noord-Wes en in Aggeneys in Namakwaland. In Namibië is daar talle vindplekke soos die Tsumeb-myn in Oshikoto.[1]
Struktuur
Dioptaas is 'n siklosilikaat en bevat rimpelige trigonale ringe van ses silikaat-tetraëders wat afwissel met ringe van ses watermolekule wat 'n rimpelige ys-struktuur het. Die 6-lid-siklosilikaatringe word sydelings en vertikaal deur Sjabloon:Chem-ione bymekaar gehou.[2] Hierdie paramagnetiese ione vorm 'n heliks langs die struktuur se c-as. Die magetiese struktuur is chiraal en wys onderkant 14,5K 'n antifermagnetiese ordening wat onder 'n uitwendige magneetveld van 13,5 T 'n sprong in die magnetisasie wys. Hierdie struktuur is met [[silikon-29|Sjabloon:Sub supSi]]-KMR bestudeer. [3]
Dioptaas is termies stabiel onderkant 400 oC. Van 400 -730 oC ('n baie breë gebied) verloor dit sy kristalwater en vorm 'swart dioptaas' wat die anhidraat is:[2]
Verder verhitting veroorsaak ontbinding by omtrent 794 oC en 836 oC, waarby suurstof vrygestel word.