Koolstofgetal

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 15:37, 11 Mei 2020 (Artikel is wees.)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Weesbladsy In organiese chemie is die koolstofgetal (C#) van 'n verbinding die aantal koolstofatome in elke molekule. Die eienskappe van koolwaterstowwe kan met die koolstofgetal gekorreleer word, hoewel die koolstofgetal alleen nie 'n aanduiding is van die versadiging van die organiese verbinding nie. As 'n spesifieke molekule beskryf word, is die koolstofgetal ook die orde van 'n spesifieke koolstofatoom in 'n ketting.

Die volgende is 'n lys van tipiese verbindings met hulle koolstofgetalleː

Verbinding Koolstofgetal
CH4 1
C2H4 2
C2H6 2
C3H8-iso 3
C3H8-n 3
C3H6 3
CO 1
N2 0
Ar 0

Om die koolstofgetal vir gasmengsels te bereken, word die volgende formule gebruikː

C#=C#ixi

Waar:

  • C# = Koolstof getal vir gasmengsel
  • C#i = Koolstof getal vir verbinding
  • xi = Molfraksie

Sjabloon:Saadjie