Effektiewe bevolkingsgrootte

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>BurgertB op 15:56, 18 November 2020 (Kategorie:Biologie verwyder; Kategorie:Demografie bygevoeg (HotCat.js))
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die effektiewe bevolkingsgrootte (Ne) is ’n eenheid in biologie[1] wat onder meer gebruik word om die minimum lewensvatbare bevolking (MVP, vir minimum viable population) te bereken.

Eienskappe

Die effektiewe bevolkingsgrootte is gebaseer op die voortplantingstempo van ’n geïdealiseerde bevolking met ’n lukrake alleelverspreiding.[2] Die totale grootte van ’n bevolking kan misleidend wees, aangesien nie alle lede kan voortplant en hulle allele aan die volgende geslag oordra nie. Daarom, om ’n sinvolle skatting van die kleinste lewensvatbare bevolking te maak, word die effektiewe bevolkingsgrootte volgens die volgende formule bereken:

Ne=4NfNmNf+Nm

Hier staan Nf vir die getal vroue in die bevolking en Nm vir die getal mans. As daar byvoorbeeld 400 reproduktiewe vroue en 400 reproduktiewe mans in ’n bevolking van 1 000 mense is, kan dit so bereken word:

Ne = (4 × 400 × 400) / (400 + 400) = 800 (80%).

In bevolkings wat werklik ondersoek is, het Ne altyd slegs ’n breukdeel van die totale bevolking beloop, aangesien talle invloede op die individue inwerk en hul vermoë beperk om voort te plant. Die doel om ’n Ne te handhaaf bo die MVP het ontstaan uit kommer oor die vraag of bevolkings genoeg genetiese veranderlikes het om hulle deur evolusie te kan aanpas.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Skakels

Sjabloon:Vertaaluit

Sjabloon:Normdata

  1. B. Charlesworth: "Fundamental concepts in genetics: effective population size and patterns of molecular evolution and variation" in Nature Reviews Genetics. Band 10, Nommer 3, Maart 2009, bl. 195-205, Sjabloon:ISSN. Sjabloon:DOI. PMID 19204717.
  2. M. Woolfit. "Effective population size and the rate and pattern of nucleotide substitutions" in Biology letters. Band 5, Nommer 3, Junie 2009, S. 417–420, Sjabloon:ISSN. Sjabloon:DOI. PMID 19364708.