Roet

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Rooiratel op 11:37, 4 September 2024 (Kategorie:Besoedeling bygevoeg (HotCat.js))
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Emissie van roet in die uitlaatgas van 'n groot diesel vragmotor, sonder partikelfilters.

Roet bestaan koolstofdeeltjies wat voortspruit uit die onvolledige verbranding van koolwaterstowwe.

Wanneer koolwaterstowwe verbrand, reageer dit met suurstof:

Verbranding van metaan: Sjabloon:Spaces CH4+O2CO2+H2O
Verbranding van koolwaterstowwe: Sjabloon:Spaces CnHm+(n+m)O2nCO2+m2H2O

As daar egter nie genoeg suurstof is nie, sal koolwaterstowwe met mekaar begin reageer om aromatiese ringe te vorm. 'n Aromatiese ring is 'n ring van ses koolstofatome.


Die volgende is 'n baie eenvoudige voorstelling van hoe hierdie aromatiese ringe kan vorm:

CH4+CH4H2C=CH2
CH2+ ander koolwaterstowweC6H6


Baie komplekse aromatiese ringe kan soms gesien word as 'n swart neerslag en word roet genoem.

Om roetvorming te voorkom, kan stoom bygevoeg word. In so 'n geval sal die stoom eerder reageer met die metaan volgens die stoom-metaan reaksie, eerder as om met ander koolwaterstowwe te reageer:

CH4+H2OCO+3H2

Aangesien 'n aromatiese ring uit ses koolstofatome met dubbelbindings bestaan, is koolwaterstowwe met ses of meer koolstofstowwe of olefiene (dubbelbindings) meer geneig om aromatiese ringe te vorm. Dit is om hierdie rede dat daar meer stoom by 'n fakkel gevoeg word om swart rookvorming te voorkom wanneer die olefiene in die gas toeneem.

Ook, wanneer suurstof verhoog word, sal die verbranding van die koolwaterstofmolekules met suurstof verkies bo reaksie met ander koolwaterstofmolekules om roet te vorm.

Kyk ook

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Normdata