Iridiumoksied
Iridium(IV)oksied Sjabloon:Chem is die enigste stabiele oksied van iridium. Die verbinding het die rutielstruktuur met iridium in 'n oktaëdriese omringing. In teenstelling tot die meeste metaaloksiede is dit 'n metalliese geleier. Die elektronkonfigurasie 5dSjabloon:Sup in die oktaëder se sesvoudig ontaarde orbitaal tSjabloon:Sub wys dat die geleiding veroorsaak word deur 'n onvolledig gevulde d-band. Die geleidbaarhed is ongeveer 10Sjabloon:Sup [S.cmSjabloon:Sup]. 'n Studie met XPS het dit later bevestig. Dit verleen iridiumoksied interessante eienskappe. [1] Die stof is baie stabiel en onoplosbaar n water, hoewel dit in koningswater opgelos kan word.[2] Dit het 'n lae werkfunskie. Ondanks sy hoë koste is die stof 'n aantreklike materiaal wat veral as katalisator in die elektrolise van water gebruik word as elektrokatalisator vir die evolusie van suurstof.[1]
'n Ander interessante eienskap van iridiumoksied is dat dit elektrochromies is. Blootgestel aan die juiste potensiaal kan sy kleur verander omdat die volgende reduksiereaksie plaasvind:[1]
Iridium(III)hidroksied is deursigtig, die oksied is blouerig swart. Hierdie reaksie word ook gebruik as pH-sensor. Ander aanwendings is as elektrode in metanolbrandstofselle.[1]
Van iridiumoksied kan ook nanostrukture gemaak word, wat hierdie stof net aantrekliker maak.[1]