Natriumbromied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 20:02, 25 September 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Natriumbromied is 'n verbinding van natrium en broom met formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n sout van die suur waterstofbromied (Sjabloon:Chem) en die basis natriumhidroksied (Sjabloon:Chem).

Dit is 'n kleurlose of wit materiaal wat diamagneties en elektries isolerend is. Die bandgaping is direk maar taamlik breed (4,09 eV)[1]

natriumbromied word uit seewater en ander bogrondse en ondergrondse waters verkry. Die sout word gebruik in vloeistowwe wat in die olie- en gaseksplorasie gebruik word. In kragstasies wat steenkool verbrand word dit gebruik om kwikdamp af te vang. Dit vind ook in watersuiwering toepassing[2]

Die sout is in die 19de en vroeë 20ste eeu toegepas teen epilepsie, maar vandag word dit net by honde en katte soms nog gebruik.[3]

Eienskappe

By indamping van 'n versadigde oplossing van natriumbromied word 'n hidraat Sjabloon:Chem.2Sjabloon:Chem gevorm. Hierdie hidraat het by kamertemperatuur 'n waterdampdruk van 0,34 relatief teenoor water. Dit is die enigste bekende hidraat.[4]

As chloorgas deur 'n oplossing van natriumbromied gevoer word, tree 'n redoksreaksie op:

Cl2+2BrBr2+2Cl

Die chloor oksideer die bromiedione tot die element broom. Hierdie reaksie kan gebruik word om uit seewater broom te verkry. By verdamping slaan eers tafelsout Sjabloon:Chem neer. As dit verwyder is, bly 'n oplossing oor waarin bromide gekonsentreer is. Behandeling met chloor stel broom vry.[5]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MatExp
  2. Sjabloon:Citeweb
  3. Sjabloon:Cite web
  4. Sjabloon:Cite book
  5. Sjabloon:Cite book