Kaliumkarbonaat
Kaliumkarbonaat is 'n verbinding van kalium met formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n sout van kaliumhidroksied (Sjabloon:Chem) en koolsuur (Sjabloon:Chem).
Die stof word ook potas genoem, omdat dit vroeër veral uit die as van plante (dikwels houtas) verkry is.
Eienskappe
Kaliumkarbonaat is sterk higroskopies en aan lug blootgestel vervloei dit. Dit is maklik oplosbaar in water en vorm 'n sterk basiese oplossing wat 'n bytende smaak veroorsaak. Die stof neem ook koolstofdioksiedgas op en vorm daarmee kaliumwaterstofkarbonaat Sjabloon:Chem (kaliumbikarbonaat). Hierdie stof kan by verhitting weer kaliumkarbonaat lewer:[1]
In die natuur word dit gevorm deur verwering van minerale soos veldspaat:[2]
Die kieselsuur word saam met die kaliumkarbonaat deur die reën weggespoel en wat agterbly is kaoliniet Sjabloon:Chem.2Sjabloon:Chem.
Die bikarbonaat van kalium Sjabloon:Chem is minder oplosbaar as die karbonaat Sjabloon:Chem, maar vir litium is die omgekeerde die geval. Kaliumkarbonaat kom voor in litiumhoudende pekel soos dit in Tibet in die Zabuye en Dogai Coring-mere aangetref word. Deur die pekel aan Sjabloon:Chem-gas onder hoë druk bloot te stel kan die kaliumbikarbonaat selektief neergeslaan word. Dit is 'n belangrike stap vir die litiummynbou. 'n Komplikasie is dat ander fases kan optree soos die seskwihidraat Sjabloon:Chem.1,5Sjabloon:Chem en 'n karbonaat-bikarbonaatdubbelsout: Sjabloon:Chem.2Sjabloon:Chem.1,5Sjabloon:Chem.[3]
Aanwending
Kaliumkarbonaat word gebruik as 'n komponent van diepeutektiese oplosmiddels soos 'n mengsel van kaliumkarbonaat met gliserol.[4] Dit word gebruik in die drinkwatervoorsiening om die hardheid van water te versag, in die bewerking van kakao tot sjokolade, en vir kontrole van die suurgraad in wyne en vrugtesappe.[5]