Litiumboorhidried

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 05:12, 11 Julie 2024
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Litiumboorhidried of litiumhidroboraat is 'n gemengde hidried van litium en boor.

Kristalstruktuur

Litiumboorhidried kristalliseer teen kamertemperatuur in 'n ortorombiese kirstalstruktuur. Die Sjabloon:Chem-ione is tetraëdries en elke litium word deur vier waterstofatome verwring-tetraëdries omring. Bo 110 °C vind 'n faseoorgang plaas en kry die stof die wanordelike tafelsoutstruktuur soos natriumboorhidried en die ander alkalimetaalboorhidriede. [1]

Eienskappe

Litiumboorhidried is soos natriumboorhidried en die ander alkalimetaalboorhidriede 'n soutagtige stof wat oplosbaar is in water teen hoë pH en in eters soos dimetieleter, diëtieleter, diïsopopieleter, tetrahidrofuraan (THF) en dioksaan. Dit vorm komplekse met eters. Bv. die kompleks met THF het 'n smeltpunt van -35 °C. Sjabloon:Chem reageer baie soos die ander boorhidriede (sien natriumboorhidried) maar die komplekseing kan die reaktiwiteit beïnvloed. Bv. die hidrolise is stadiger in dioksaan en THF, maar die termiese stabiliteit van die dioksaanadduk is minder as die boorhidried s'n.

Die stof kan ook deur metatese met metaalchloriede ander boorhidriede vorm, bv. met gallium:

GaCl3+LiBH4Li[Cl3GaBH4]2LiBH4Ga(BH4)3+3LiCl

Vervaardiging

Daar is verskeie metodes om die stof te vervaardig. Dit kan bv. verkry word deur 'n reaksie van litiumhidried en diboraan in 'n eter. Maar alkoksiede van litium werk:

LiX+2B2H6eter3LiBH4+BX3(X=OCH3,OC2H5)

Dit kan ook uit litiumaluminiumhidried verkry word.

Waterstofberging

Litiumboorhidried bevat net ligte elemente en dit is 'n bron van waterstof. Daar is baie navorsing om dié stof vir waterstofberging te gebruik. Die stof kan by verhitting tot 680 °C waterstof vrystel:

2LiBH4(s)2LiH(s)+B(s)+3H2(g)

Die laaste waterstofekwivalent kan amper nie vrygestel word nie omdat LiH termies taamlik stabiel is. Die boorhidried kan ook onder 690 °C en 200 bar HSjabloon:Sub uit LiH teruggevorm word. Die kinetiek van die dehidrogenasie en rehidrogenasie is egter nie baie gunstig nie. Daar word in 2023 navorsing gedoen om dit te verbeter.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidriede