Kaliumheksasianoferraat(II)
Kaliumheksasianoferraat(II) (ook: kaliumferrosianied of geelbloedsout) is 'n stof van kalium en die komplekse ioon Sjabloon:Chem wat yster in sy oksidasietoestand +2 bevat. Die sout het die chemiese formule Sjabloon:Chem.
Dit word verhandel as sy trihidraat en is ook bekend onder sy goedgekeurde Europese voedseladditiefnommer: E536.[1]
Die stof is vroeër verkry deur dierlike afval soos bloed, vel, horings ens te verhit. Die verkoolde massa word gegloei met potas en ysterpoeier. Hierby bind die swael in die proteïene aan yster en word KCN gevorm, wat met nog yster die sianoferraat vorm wat dan uitgeloog word.[2] Hierdie sout word ook geelbloedsout genoem.

Die stof is stabiel tot ~600 °C waarna dit ontbind.
Gebruike
'n Belangrike aanwending wat reeds in die 18de eeu op industriële skaal gekommersialiseer is, is die vorming van die kleurstof Pruisiese blou. Dit berus op die vorming van 'n gemengdevalensieverbinding indien 'n oplossing van die Sjabloon:Chem-ioon bygevoeg word aan 'n oplossing wat die FeSjabloon:Sup-ioon bevat:
Hierdie gemengdevalensieverbinding het 'n intense blou kleur.
Hierdie reaksie word ook in die oenologie aangewend om die helderheid van wyne te verbeter en yster en koper uit die wyn te verwyder. In die Verenigde State is dit teen die wet, omdat gevrees word dat dit aanleiding tot toksisiteit van sianied kan gee. Die ferrosianied self is nie baie toksies nie. In Frankryk het hieroor baie debat gewees, maar hulle staan dit vir wit en rosé wyne toe. [3]
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedGentro - ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite book