Koper(I)sianied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 22:17, 12 Oktober 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Koper(I)sianied is 'n sout van koper in sy +1 oksidasietoestand en blousuur.

Dit is onoplosbaar in water en etanol, maar los op in kaliumsianiedoplossings. Met sure ontbind dit en vorm blousuur. Dit vorm wanneer koperafval met ammoniumkarbonaat uitgeloog word en kaliumsianied bygevoeg word. Dit word vervaardig deur 'n alkalisianied en natriumbisulfiet by 'n oplossing van koper(II)sulfaat te voeg. Die sulfiet reduseer koper(II) na koper(I) wat dan neerslaan as sianied. [1]

2CuSO4+NaHSO3+H2O+2NaCN2CuCN+3NaHSO4

Kristalstrukture

Koper(I)sianied kristalliseer in twee strukture. Die stabiele struktuur by kamertemperatuur (LT-CuCN) is ortorombies. Dit het oneindige -Cu-CN-Cu-CN-Cu-kettings wat 'n golfpatroon wys. Die kettings se golflengte is 9 CuCN-eenhede en dit bevat 5 onafhanklike kristallografiese koperposisies. Die kettings lê ewewydig aan mekaar in die ac-vlak en vorm lae. Die volgende laag in die b-rigting is gedraai oor 49°. Die oriëntasie van die CN-ione is wanordelik.[2]

LT-CuCN wys 'n faseoorgang na die hoëtemperatuurvorm (HT-CuCN) teen 563K, maar dié vorm kan ook metastabiel teen laer temperature vervaardig word en het die AgCN-struktuur. Dit bevat lineêre -Cu-CN-Cu-CN-Cu-kettings het sonder golfpatroon.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hibb