Sinksulfied
Sjabloon:Chemiekas2 Sinksulfied is 'n sout van sink met waterstofsulfied (Sjabloon:Chem) met die chemiese formule Sjabloon:Chem..
Dit is 'n wit vastestof wat as die minerale sfaleriet en wurtziet in die natuur gevind word. Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 3,6-3,8 eV.[1]
Kristalstrukture
Die stabiele vorm teen kamertemperatuur wat β‐ZnS genoem word het die kubiese sfalerietstruktuur (B3 in die strukturbericht-klassifikasie.[1] Dit is 'n geordende binêre weergave van die diamantstruktuur. Albei atoomsoorte is in tetraëdriese omringing deur vier atome van die ander soort.
Teen 1024°C gaan dit oor in die heksagonale wurzietstruktuur (B4). Die omringing bly dieselfde maar die stapeling verander. Wurtziet is 'n metastabiele fase by kamertemperatuur.
Eienskappe
Sinksulfied is moeilik om te oksideer of te hidroliseer. Dit is baie onoplosbaar. Die stof is nie toksies en word baie gebruik. Dit is moontlik om dit in nanodeeltjies, nanodraadjies, nanobuisies of nanolagies te vervaardig. Dit word as fotokatalisator gebruik.[1]
Sinksulfied is onoplosbaar in water maar dit los op in verdunde sure soos soutsuur en stel daarby die toksiese en onwelriekende Sjabloon:Chem-gas vry:[2]
Zinksulfied kan ook met yster(III)soute en suurstof uitgeloog word:[3]
Fe(III) kan dan met suurstof teruggevorm word:
Die stof kan deur verhitting in lug in die oksied omgeskakel word en dan met koolstof tot die metaal gereduseer:[2]