Bariumperoksied
Bariumperoksied is 'n verbinding van barium met suurstof in sy -1 oksidasietoestand. Die formule is Sjabloon:Ch2
Kristalstruktuur
Bariumperoksied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur. Die suurstofatome vorm pare wat as [[[:Sjabloon:Ch2]]]Sjabloon:Sup-ione beskou kan word. Hulle lê ewewydig aan die c-as. Die O-O-afstand is 149(4) pm, wat vergelykbaar is met hierdie afstand in waterstofperoskied (149(2) pm). Die bariumioon word omring deur ses peroksiedione. Twee polêres is eind-aan, vier aan die ewenaar sywaarts. Dit gee die bariumioon tien buuratome. [1] Dit is die C11Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
Die oktahidraat van bariumperoksied (Sjabloon:Ch2) kan verkry word deur 'n oplossing van 3% waterstofperoksied aan 'n oplossing van bariumhidroksied by te voeg.[1]
Die neerslag kan eers oor silikagel teen 60 °C gedroog word en dan teen 100 °C oor Sjabloon:Ch2. Kalsinasie onder 'n suurstofatmosfeer teen 550-600 °C lewer 'n goed gekristalliseerde poeier.
Gebruike
Dit is die mees algemene anorganiese peroksied.[2]
Dit word gebruik:
- as vuurtegniese onderlaagmengsels in fakkels en vuurwerke[3], as oksideermiddel wat 'n groen kleur gee by ontsteking. [2]
- as 'n oksideermiddel in ammunisie[3] (spoorsnyer)[2]
- as 'n bleikmiddel vir dierlike stowwe, plantvesels en strooi[2]
- om glas te ontkleur en tekstiele te kleur.[3]
- om suurstof en waterstofperoksied te vervaardig[3]
- as oksideermiddel in organiese sintese[3]
- kruiskoppelingsversneller vir spesiale harse.[2]
- gekombineer met aluminium in die sweisbedryf [3]