Lood(II)karbonaat

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 02:34, 3 Maart 2024 (Chemiese eienskappe)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Loodkarbonaat is 'n chemiese verbinding met formule Sjabloon:Ch2. Dit is 'n sout van lood is sy oksidasietoestand +2 en koolsuur.

Dit word industrieel uit lood(II)asetaat en koolstofdioksied vervaardig en kom ook natuurlik as die mineraal cerussiet voor. [1]

Kristalstruktuur

Loodkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur wat die kode G0Sjabloon:Sub van die strukturbericht-klassifikasie dra.[2]


Chemiese eienskappe

In heet water word 'n basiese karbonaat gevorm:[1]

3PbCO3(s)water;hittePb3(CO3)2(OH)2

Op loodpype wat aan water blootgestel word wat karbonaatione bevat, word 'n lagie loodkarbonaat gevorm wat die pyp vir korrosie behoed. In water wat 'n hoë konsentrasie koolstofdioksied bevat, kan egter die waterstofkarbonaat gevorm word wat goed oplosbaar is:[3]

PbCO3(s)+CO2(aq)+H2OPb2++2HCO3(aq)

Gebruike

Dit word as 'n polimerisasiekatalisator gebruik. Dit kataliseer die polimerisasie van formaldehied tot hoëmolekulêregewig (semi)kristallyne poli(oksimetileen).

Ander gebruike is:

  • uithardingsmiddels vir silikonharse; *hittebestande smeermiddels
  • loodbatterye
  • draadversterkte slange
  • termistors en hittestabiliseerders vir PVC-polimere

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named antao
  3. Sjabloon:Cite book