Natriumperoksied
Natriumperoksied is 'n verbinding tussen natrium en suurstof in sy -1 oksidasietoestand.
Dit is 'n sterk oksideermiddel en mengsels met brandbare materiaal word maklik aan die brand gesteek deur wrywing, hitte of kontak met vog. Dit kan kragtig ontbind onder langdurige blootstelling aan hitte, wat die breuk van die houer kan veroorsaak.[1] Gay-Lussac en Thenard het dit in 1811 ontdek deur natriummetaal te verbrand. Natriumperoksied is higroskopies en vorm verskeie hidrate en peroksohidrate: Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2, Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2[2]
Kristalstruktuur
Dit kristalliseer in 'n heksagonale struktuur wat uit natrium- en peroksiedione (OSjabloon:SubSjabloon:Sup bestaan. Die peroksiedione is langs die c-as geleë.
Chemiese eienskappe
Dit word verkry deur natrium in 'n aluminiumvat tot 300 °C verhit en 'stroom droë lug, wat vry van koolstofdioksied is, daaroor te lei.[1]
Dit vorm waterstofperoksied wanneer dit in sure opgelos word.[1] Sedert die 1990s het die antrakwinoon-proses die produksie van waterstofperoksied egter oorgeneem en word natriumperoksied baie minder gebruik.[3]
Gebruike
Dit word as 'n chemiese reagens, katalisator, oksideermiddel, antiseptiese stof en bleikmiddel vir tekstiele, papier en ander produkte gebruik. Dit word ook gebruik in suurstofvoorsieningstelsels, watersuiwering, ertsverwerking en chemiese ontleding. [1] Moeilik oplosbare iridium kan in oplosbare iridate omgesit word deur dit met natriumperoksied saam te smelt.[4]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedUlmann - ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite book