Cassini ovaal

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>KabouterBot op 04:24, 8 April 2019 (Robot voeg by: Kategorie:Krommes, Kategorie:Algebraïese krommes)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
'n Paar Cassini ovale. Die brandpunte is (-1, 0) en (1, 0). Die krommes is gemerk met die waarde van b2.

In wiskunde is 'n Cassini ovaal 'n versameling (of lokus) van punte in die vlak sodat elke punt p op die ovaal 'n spesiale verhouding het met twee ander vaste punte q1 en q2: die produk van die afstand van p na q1 en die afstand van p na q2 is konstant. Dit wil së as die funksie dist(a,b) gedefinieer word om die afstand van 'n punt a na 'n punt b te wees, dan bevredig al die punteop 'n Cassini ovaal die vergelyking

dist(q1,p)dist(q2,p)=b2

waar b 'n konstante is.

Die punte q1 en q2 word die brandpunte van die ovaal genoem.

Cassini ovale is vernoem na die sterrekundige Giovanni Domenico Cassini.

Vergelykings en vorm

Veronderstel q1 is die punt (a,0), en q2 is die punt (-a,0). Dan bevredig die punte op die kromme die vergelyking

((xa)2+y2)((x+a)2+y2)=b4

Ekwivalente vergelykings sluit in

(x2+y2)22a2(x2y2)+a4=b4

en

(x2+y2+a2)24a2x2=b4

Die ekwivalente Poolvergelyking is

r42a2r2cos2θ=b4a4

Die vorm van die ovaal hang af van die verhouding b/a. As b/a groter is as 1 is die lokus 'n enkele verbinde lus. As b/a kleiner is as 1 bestaan die lokus uit twee onverbinde lusse. As b/a gelyk is aan 1 is die lokus 'n lemniskaat.

As a = b is dir kromme rasioneel, maar in die algemeen het die kromme 'n paar dubbele punte by oneindigheid in die kompleks afgebeelde vlak, by x = ±i, y = 1, z = 0 en geen ander singulariteite nie, en is dit 'n algebraïese vlakkromme van genus een, en daarom birasionaal ekwivalent aan 'n elliptiese kromme.

As geherskalleer word deur x met ax te vervan en y met ay word 'n een-parameter familie verkry

(x2+y2+1)24x2=b4

wat j-invariant het

j=16(b816b4+16)3b16(1b4).

Let daarop dat die definisie van die kromme analoog is aan die van die ellips, waarin die som

dist(q1,p)+dist(q2,p)

eerder as die produk konstant is.

Eksterne skakels