Natriumsuperoksied: Verskil tussen weergawes
imported>Oesjaar →Chemiese eienskappe: Tikfout |
(Geen verskil)
|
Huidige wysiging sedert 09:40, 17 April 2024
Sjabloon:Chemiekas2 Natriumsuperoksied is 'n verbinding van natrium en suurstof met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.
Kristalstrukture
Natriumsuperoksied kristalliseer by kamtertemperatuur in 'n wanordelike vorm van die pirietstruktuur wat op die haliet-struktuur lyk. Onder -50°C raak dit georden in 'n pirietstruktuur en onder -77°C gaan dit oor in 'n ortorombiese markasietstruktuur.[1]
Chemiese eienskappe
Natriumsuperoksied bestaan uit natriumione en OSjabloon:SubSjabloon:Sup-ione wat radikale met 'n ongepaarde elektron in die antibindende Sjabloon:PiSjabloon:Sub sup-orbitaal van die suurstofpaar is. Dit maak hierdie stof 'n baie reaktiewe sterk oksideermiddel. Uit navorsing met atoomkragmikroskopie blyk dat die stof 'n elektriese isolator is.[2]
Natriumsuperoksied kan op verskeie maniere verkry word. Een is die reaksie van natrium met suurstof by hoë druk en atmosfeer, 'n ander is die reaksie van 'n oplossing van natrium in vloeibare ammoniak met suurstof. Dit is egter moeilik om die stof in suiwere vorm te verky. Daar is dikwels ook natriumperoksied teenwoordig.[2]
Die stof kan ook elektrochemies verkry word en dit maak dit 'n aantreklike kandidaat vir gebruik in natrium/suurstof-batterye[3] met 'n hoë gelewerde spanning:
Die oorpotensiaal is klein (slegs 0,2 V) wat op 'n hoë mate van reversibiliteit dui. Maar dit moet met 'n watervrye oplosmiddel met suiwere, vogvrye suurstof uitgevoer word en daar is stabiliteitsprobleme[2]
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedCarter - ↑ 2,0 2,1 2,2 Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite journal