Radikaal (chemie)

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die hidroksielradikaal, Lewisstruktuur wat getoon word, bevat een ongepaarde elektron

'n Radikaal is 'n chemiese spesie wat ongepaarde elektrone besit.

Anorganiese radikale

Hierdie woord word veral in die organiese chemie gebruik en hoewel byvoorbeeld 'n neodimium-ioon soos Sjabloon:Chem ook drie ongepaarde elektrone het word dit selde 'n radikaal genoem. Ander anorganiese radikale is die molekule Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem. Die laaste is selfs 'n diradikaal met twee ongepaarde elektrone. Hierdie spesies word soms wel radikale genoem.

Organiese radikale

'n Goeie voorbeeld van die vorming van 'n organiese radikaal is die reaksie van die gasse metaan en chloor in teenwoordigheid van sonlig.

Die binding in 'n chloormolekuul word eers deur absorpsie van 'n foton verbreek, 'n proses wat fotolise genoem word.

Cl2+hν2Cl

Die gevormde chlooratome het 'n [Ne]3s23p5-konfigurasie met een ongepaarde elektron. Hulle is dus (anorganiese) radikale. Radikale is dikwels taamlik reaktief en in hierdie mengsel kan hulle 'n waterstofatoom van 'n metaan molekuul vat. Dit het die vorming van 'n (organiese) metielradikaal tot gevolg.

Cl+CH4CH3+HCl

Die gevormde metielradikaal is uiters reaktief. Hierdie is 'n algemene kenmerk van organiese radikale.

Rekombinasie

Organiese radikale het dikwels 'n kort lewensduur. Daar is gewoonlik volop rekombinasiereaksies, soos dié wat chlorometaan en etaan vorm.

Cl+CH3CH3Cl
CH3+CH3CH3CH3

In reaksies wat volgens 'n radikaalmeganisme verloop word daarom dikwels 'n mengsel van produkte gevorm.

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons-kategorie inlyn

Sjabloon:Normdata