Magnesiumnitried: Verskil tussen weergawes
imported>Jcwf No edit summary |
(Geen verskil)
|
Huidige wysiging sedert 21:45, 24 Junie 2024
Magnesiumnitried is 'n verbinding van magnesium en stikstof met die formule Sjabloon:Ch2.
Kristalstruktuur
Magnesiumnitried kristalliseer in die kubiese anti-bixbyïet-struktuur, D5Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie.[1]
Chemiese eienskappe
Dit stof kan by hoër temperature uit die elemente gevorm word:[1]
Die stikstofgas moet egter suurstofvry wees om vorming van magnesiumoksied te verhoed. 'n Ander metode is die reaksie met droë ammoniakgas:[1]
Die stof is baie voggevoelig en ontbind in vogtige lug of met water:
Gebruike
Dit word as 'n katalisator gebruik wanneer nitriede van ander elemente met hoë hardheid, hoë termiese geleidingsvermoë, korrosiebestandheid, slytasieweerstand en hoë temperatuurweerstand vervaardig word. Toe die kubieke boornitried vir die eerste keer suksesvol gesintetiseer is, was magnesiumnitried die katalisator wat gebruik is. Dit word ook toegepas as bymiddels vir die smelt van hoë-sterkte staal. Ander gebruike is by die vervaardiging van spesiale keramiekmateriaal en as skuimmiddel vir die vervaardiging van spesiale allooie. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van spesiale glas as katalisator vir die skep van kruisbindings in polimere.[2]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chemiesaadjie Sjabloon:Nitriede