Magnesiumoksied
Magnesiumoksied is 'n verbinding van magnesium en suurstof met formule Sjabloon:Chem
Die stof is 'n diamagnetiese isolator. Die bandgaping is 4,43 eV. [1]
Chemiese eienskappe
Magnesiumoksied word gevorm by verbranding van magnesium:
Hierdie verbrandingsreaksie is in die eerste helfte van die 20ste eeu dikwels gebruik as ligbron by die fotografie. Die rook van magnesiumoksied was nogtans 'n probleem.[2]
Magnesiumoksied kan ook deur verhitting van magnesiumkarbonaat verkry word:[3]
Hierdie reaksie is hoe magnesia, soos die oksied genoem word, ook uit dolomitiese kalksteen verkry word.[4] Die terugreaksie kan ook optree. Dis die rede dat magnesiumoksied blootgestel aan die lug stadig koolstofdioksied opneem en in geslote houers bewaar moet word.[5]
Met water word die amper onoplosbare hidroksied gevorm:[3]
Die pH van die versadigde oplossing in water is 10,3. Dit is oplosbaar in verdunde sure, maar onoplosbaar in alkohol en organiese oplosmiddels.[5]
Aanwendings
In sport soos gewigoptel word magnesia gebruik om die hande rof te maak.[6]
Magnesiumoksied word in die organiese chemie toegepas. Dit is 'n matig basiese reagens wat gebruik word in asilerings en alkielerings, oksidasies, reduksies. Dit fungeer ook as 'n soliede oppervlak om reaksies uit te voer, soos by ringopening van tersiêre amiene, nitrering van aromatiese asetale, hidrohalogenering, dehidrohalogenering en karbonilering van organokwikverbindings.[5]