Stefan-Boltzmann-vergelyking

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Oesjaar op 06:53, 10 Januarie 2025 (Skakel)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Stefan-Boltzmann-vergelyking gee die verwantskap tussen die helderheid L van 'n voorwerp en die temperatuur T daarvan:

L α AT4

Dit word toegepas op 'n swart liggaam ('n geïdealiseerde voorwerp wat perfek ondeursigtig is en nie weerkaats nie) gee die waarde vir helderheid vir 'n swart liggaam:

L=σAT4

Termiese straling is lig: hoe warmer 'n voorwerp is, hoe meer lig (of energie) straal dit uit. By temperature naby aan kamertemperatuur is die lig infrarooi wat onsigbaar is.

Omdat lig dieselfde is as termiese straling, kan die vergelyking ook in terme van energie uitgedruk word:

q=σAT4

Indien die temperatuur van die warm liggaam relatief naby aan die temperatuur van die omgewing is, dan moet die volgende formule gebruik word en dan moet emissiwiteit gewoonlik ook in berekening gebring word:

q=εσA(Tw4Tk4)

Stefan-Boltzmann-konstante

Die Stefan-Boltzmann-konstante, σ, is afgelei van bekende konstantes:

σ=2π5k415c2h3

Waar:

Dus is die Stefan-Boltzmann-konstante:

σ=[2π5(1.380 649×1023)415(2.997 924 58×108)2(6.626 070 15×1034)3]Wm2K4

Dus,

σ= Sjabloon:Val.

Voorbeelde

As die oppervlaktemperatuur van die son 5800 K is en as ons aanvaar dat die son as 'n swartliggaam beskou kan word, kan die stralingsenergie per tydseenheid soos volg uitgedruk word:

qA=σT4=(5.6703×108W/(m2K4))×(5800K)4=6.42×107W/m2

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysing


Sjabloon:Saadjie