Suurheidskonstante

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 22:04, 18 Januarie 2016
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Suurheidskonstante vir 'n Brønstedsuur HA in waterige oplossing is die konstante van die ewewig:

HA+H2OA+H3O+

Die ewewigskonstante is gedefinieer as:

K=a(A)*a(H3O+)a(HA)*a(H2O)

Die aktiwiteite a(X) kan vir voldoende verdunde spesies gelykgestel word aan die numeriese waarde van molariteit [X] (sonder dimensies) en vir die oplosmiddel aan 1 as die standaardtoestand gekies word as 1 [mol/L] vir die verdunde spesies.

Ko=[A]*[H3O+][HA]*1=[A]*[H3O+][HA]

Die waardes vir talle sure is bekend en hulle word gewoonlik getabelleer as pKa volgens:

pKa=log10K

'n Lae waarde van pKa maak die stof 'n sterk suur.