Suurheidskonstante

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Suurheidskonstante vir 'n Brønstedsuur HA in waterige oplossing is die konstante van die ewewig:

HA+H2O⇋A−+H3O+

Die ewewigskonstante is gedefinieer as:

K=a(A−)∗a(H3O+)a(HA)∗a(H2O)

Die aktiwiteite a(X) kan vir voldoende verdunde spesies gelykgestel word aan die numeriese waarde van molariteit [X] (sonder dimensies) en vir die oplosmiddel aan 1 as die standaardtoestand gekies word as 1 [mol/L] vir die verdunde spesies.

Ko=[A−]∗[H3O+][HA]∗1=[A−]∗[H3O+][HA]

Die waardes vir talle sure is bekend en hulle word gewoonlik getabelleer as pKa volgens:

pKa=−log10K

'n Lae waarde van pKa maak die stof 'n sterk suur.