Koolstofsuboksied
Koolstofsuboksied is 'n chemiese verbinding met formule Sjabloon:Chem.
Die stof is ontdek deur Diels en Wolf in 1906.[1] Die gas kan met Sjabloon:Chem vervaardig word uit malonsuur Sjabloon:Chem of uit diasetiltartaarsuuranhidried, maar die bereiding uit malonsuur gee minder neweprodukte. Daar is ook berigte dat dit met 'n osonisator uit koolstofmonoksied vervaardig kan word volgens die reaksie:
In beginsel kan koolstofsuboksied ook vervaardig word deur Sjabloon:Chem, soos dit by verbranding vrygestel word aan hoë energie bloot te stel soos gammastraling of hard ultraviolet:
Dit sou 'n nuttige stof oplewer. Daar is navorsing om te sien of dit bruikbaar is om te help die koolstofdioksied probleem op te los, maar die energievereistes is baie hoog.[2]
Infrarooi- en ramanspektroskopie bevestig dat dit 'n lineêre molekuul is, wat as O=C=C=C=O geskryf kan word. [3]

Die stof kan by -78 °C lank bewaar word, maar by kamertemperatuur tree polimerisasie op en dit lewer 'n rooi amorf produk. Watter produkte polimerisasie presies oplewer hang van die omstandighede af. By 100 °C is dit veral 'n heksameer Sjabloon:Chem[1] Die stof reageer met water om weer malonsuur te vorm en met suurstof oksideer dit na koolstofdioksied. Met ammoniak gee dit malonamied volgens die reaksie:
Met soutsuur reageer dit tot die suurchloried van malonsuur:
Die suboksied is 'n belangrike stof vir die organiese chemie omrede dit in talle van sinteses gebruik kan word, veral in sikloaddisies.[1]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata
- ↑ 1,0 1,1 1,2 Cycloaddition Reactions of Heterocumulenes,Sjabloon:Outeur, Elsevier, 2012, ISBN 0-323-16276-2, ISBN 978-0-323-16276-0
- ↑ Greenhouse Gas Carbon Dioxide Mitigation: Science and Technology, Sjabloon:Outeur, CRC Press, 1998, ISBN 1-56670-284-4, ISBN 978-1-56670-284-3
- ↑ The Chemistry of Carbon: Organometallic Chemistry. Pergamon international library of science, technology, engineering, and social studies,Sjabloon:Outeur, Elsevier, 2013, ISBN 1-4831-5194-8, ISBN 978-1-4831-5194-6, bls 1222ev.